Ekonomiese streek Oeral

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die ekonomiese streek Oeral in Rusland.

Die ekonomiese streek Oeral (Russies: Ура́льский экономи́ческий райо́н, Oeralski ekonomitsjeski rajon) is een van 12 ekonomiese streke van Rusland. Dit omvat die middel en suide van die Oeralgebergte, asook dele van die Russiese en die Wes-Siberiese Laagland.

Die streek is 824 000 km2 groot en dus effens groter as Turkye. Die bevolking is 20,2 miljoen volgens die 2012-sensus. Sowat 74 persent van die mense woon in die stede. Die gemiddelde bevolkingsdigtheid is 24,6/km2.

Dit is naas die Sentrale ekonomiese streek die grootste ekonomiese streek in die land. In die Sowjetunie was dit ’n belangrike sentrum vir die vervaardiging van yster en staal. In Basjkortostan is die grootste sentrum vir olievervaardiging. In die 17de eeu het ’n groot mynbousektor ontstaan in die Suid-, Sentrale en Noord-Oerals.

Masjienbou is ook belangrik. Verder is daar ’n chemiese, petro-chemiese, olie-, gas- en houtverwerkingsnywerheid. Die grootste nywerheidstede is Magnitogorsk, Jekaterinburg, Tsjeljabinsk, Nizjni Tagil en Perm. Talle spoorweë loop deur die gebied en daar is ook riviervervoer op onder meer die Kama-, Belaja- en Oeral-rivier.

Landbou bestaan hoofsaaklik uit graan-, vleis- en melkproduksie.

Deelgebiede[wysig]

Die volgende deelgebiede val in die streek:

  1. Flag of Bashkortostan.svg Basjkortostan
  2. Flag of Kurgan Oblast.svg Koergan-oblast
  3. Flag of Udmurtia.svg Oedmoertië
  4. Flag of Orenburg Oblast.svg Orenburg-oblast
  5. Perm Oblast Flag.gif Perm-krai
  6. Flag of Sverdlovsk Oblast.svg Swerdlofsk-oblast
  7. Flag of Chelyabinsk Oblast.svg Tsjeljabinsk-oblast

Verwysings[wysig]

Flag of Russia.svg Deelgebiede van die Russiese Federasie
             Republieke  AdigeaAltaiBasjkortostan (Basjkirië)BoerjatiëChakassiëDagestanIngoesjetiëJakoetiëKabardino-BalkariëKalmikiëKaratsjai-TsjerkessiëKareliëKomiKrimMari ElMordowiëNoord-Ossetië-AlaniëOedmoertiëTartarstanTsjetsjniëTsjoewasjiëTiwa
Krais  AltaiChabarofskKamtsjatkaKrasnodarKrasnojarskPermPrimorskiStawropolZabaikalski
Oblaste  AmoerArchangelskAstrachanBelgorodBrjanskIrkoetskIwanowoJaroslawlKaliningradKaloegaKemerowoKirofKoerganKoerskKostromaLeningradLipetskMagadanMoermanskMoskouNizjni NowgorodNowgorodNowosibirskOeljanofskOmskOrenburgOrjolPenzaPskofRjazanRostofSachalinSamaraSaratofSmolenskSwerdlofskTambofTjoemenToelaTomskTsjeljabinskTwerWladimirWologdaWoronezjWolgograd  
 Outonome oblast  Joodse
 Outonome okroegs  Chanto-MansiëJamalo-NenetsiëNenetsiëTsjoekotka
Federale stede  MoskouSewastopolSint Petersburg