El Corte Inglés

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
El Corte Inglés
Logo Corte Inglés.svg.png
Tipe Sociedad Anónima
Gestig 28 Junie 1940 in Madrid, Spanje
Hoofkantoor Madrid, Vlag van Spanje Spanje
Sleutelpersone Isidoro Álvarez Álvarez, hoof uitvoerende beampte
Gebied bedien Spanje en Portugal
Industrie Handelsbedryf
Produkte Kleding, skoene, kosmetika, juweliersware, huishoudelike voorwerpe en meubels
Inkomste €15,8 miljard (2011)
Netto inkomste €209,99 miljoen (2011)
Webwerf elcorteingles.eu
elcorteingles.es
'n tak van El Corte Inglés in Barcelona

El Corte Inglés S.A. ("Die Engelse Snit") is 'n Spaanse afdelingswinkelketting wat sy hoofkwartier in Madrid het. Dit is die grootste afdelingswinkelketting in Europa en die vierde grootste ter wêreld, met takke dwarsoor die Iberiese Skiereiland insluitende Portugal asook op die Baleariese en Kanariese Eilande.

El Corte Inglés is tans die enigste afdelingswinkelketting in Spanje en het sy sakebelange uitgebrei na ander besigheidsformate, waaronder

  • Hipercor - hipermarkte
  • Tiendas de proximidad - supermarkte
  • Repsol Opencor - kafees by petrolstasies
  • Sfera - modewinkelketting
  • Optica 2000 - optiese winkels wat ook gehoorapparate verkoop
  • Bricor - tuisdekor- en selfdoenwinkels
  • Viajes El Corte Inglés - reisagentskap
  • Seguros El Corte Inglés - versekeringsmaatskappy

Eksterne skakels[wysig]