Elizabeth van York

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Daar word geglo dat dié portret van Elizabeth geskoei is op die koningin in ’n pak kaarte.

Elizabeth van York (11 Februarie 1466 – 11 Februarie 1503) was van 1486 tot 1503 die vrou van Hendrik VII van Engeland. Sy was ook die ma van Hendrik VIII.

Sy is die enigste koningin wat die dogter (van Eduard IV), suster (van Eduard V), niggie (van Richard III), vrou (van Hendrik VII), ma (van Hendrik VIII) en ouma (van Maria I, Elizabeth I en Eduard VI) van Engelse monarge was.

Toe sy 17 jaar oud was, is haar pa aan longontsteking oorlede, wat die bekende Rose-oorlog ontketen het.