Ellesmere-eiland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ellesmere-eiland
Inheemse naam: Ellesmere Island
Umingmak Nuna
Satellietbeeld van die Ellesmere-eiland
Satellietbeeld van die Ellesmere-eiland
Geografie
Ligging Noord-Kanada, Arktiese Oseaan
Koördinate 79°50′N 80°00′W
Argipel Kanadese Arktiese Argipel
Oppervlak 196 235 vk km

 655 m

Administrasie
Vlag van Kanada Kanada
Gebied Flag of Nunavut.svg Nunavut
Grootste stad Grise Fiord (141)
Demografie
Bevolking 146
Bevolkingsgroepe Inuit
Die wêreld se tiende grootste eiland en die derde grootste eiland van Kanada en die Kanadese Arktiese Argipel
Ligging van die Ellesmere-eiland

Ellesmere-eiland (Engels: Ellesmere Island, Inuktitut: Umingmak Nuna), die wêreld se tiende grootste eiland en die derde grootste eiland van Kanada en die Kanadese Arktiese Argipel, beslaan 'n oppervlakte van 196 235 km2. Die eiland is in die noorde van Kanada in die Arktiese Oseaan geleë en maak deel uit van die gebied Nunavut. Op die eiland is Kanada se noordelikste punt, die Kaap Columbië, en die noordelikste nedersetting ter wêreld, Alert, geleë. Dit is vernoem ná die Britse politikus en skrywer Francis Egerton, die eerste graaf van Ellesmere.