Embraer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Embraer S.A.
Tipe Korporasie
Gestig 1969
Hoofkantoor São José dos Campos, Brasilië
Sleutelpersone Hermann Wever (tussentydse voorsitter van die Raad[1])
Frederico Fleury Curado (hoof uitvoerende beampte)
Gebied bedien Europa, Asië, Noord-Amerika, Oseanië
Industrie Lugdiens, Verdediging
Produkte Vliegtuie, vliegtuigkomponente, missie stelsels vir lug- en grond operasie
Inkomste $5,7 miljard[2] (2013)
Netto inkomste $329,1 miljoen (2013)
Werknemers 18 003[3]
Dogtermaatskappye Neiva
OGMA
ATECH
Orbisat
Webwerf embraer.com
'n Embraer E170 van Air Canada styg op Montréal se Pierre Elliott Trudeau-lughawe in die lug op

Embraer, die Empresa Brasileira de Aeronáutica S.A., is 'n Brasiliaanse vliegtuigvervaardiger. Embraer vervaardig kommersiële, militêre en luukse stralers vir sakeondernemings. In die tydperk tussen 1999 en 2001 was Embraer die grootste uitvoerder in Brasilië en is tans nog steeds een van die drie belangrikste vervaardigers van uitvoergoedere. Na Boeing en Airbus verkoop Embraer die derde grootste aantal kommersiële vliegtuie en het ook die vierde grootste aantal werknemers na Boeing, Airbus en Bombardier.

Embraer is in 1969 deur die Brasiliaanse regering gestig en word tans deur institusionele beleggers beheer. Die maatskappy se hoofkwartier, sy belangrikste produksieaanleg en sy ingenieurs- en ontwerpkantore is in São José dos Campos geleë, 'n stad in die Brasiliaanse deelstaat São Paulo.

Embraer is ook 'n belangrike vervaardiger van onderdele en doen toetsvlugte in een van sy produksieaanlegte in Gavião Peixoto (deelstaat São Paulo). Hierdie fabriek beskik ook oor 'n landingsbaan van 16 400 voet lengte.[4]

Op 31 Desember 2006 was Embraer se totale aantal werknemers 19 265, en die maatskappy het vaste bestellings ter waarde van VSA-$ 14,8 miljard gehad.[5]

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Embraer (kategorie)