Epos

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Vir elektroniese pos, sien E-pos.
Kleitablet met 'n gedeelte van die Gilgamesj-epos (ca. 2000 v.C.).

'n Epos (Grieks; meervoud: epen of minder gebruiklik epossen) of heldedig is 'n uitgebreide, poëtiese relaas oor die avonture van 'n held of soortgelyke figuur. Dit kan ook oor 'n legendariese gebeurtenis handel, soos die Ilias van Homerus.