Erik III van Denemarke

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Erik III
Koning van Denemarke
Erik lam.jpg
Periode 11371146
Voorganger Erik II
Opvolger Sven III
Knoet V
Waldemar I
Huis Estridsen
Vrou Lutgard van Salzwedel
Gebore Omstreeks 1100-1105
Oorlede 27 Augustus 1146, Odense

Erik III of Erik Lam (Deens: Erik III Håkonssøn Lam; omstreeks 1100–1105 – 27 Augustus 1146) was van 1137 koning van Denemarke tot in 1146 toe hy geabdikeer het. Hy was die kleinseun van koning Erik I.

Bewind[wysig]

Erik was die broerskind van Erik II en het hom ná sy dood opgevolg. Sy bewind was oor die algemeen vreedsaam, hoewel hy ’n paar jaar teen sy neef Oluf, soms Oluf II genoem, geveg het wat van 1139 probeer het om die troon oor te neem tot hy in 1141 naby Helsingborg verslaan is.

Erik III was waarskynlik die eerste Deense koning wat sterk deur die Duitse kultuur beïnvloed is. Hy het sy vroeë jeug onder Duitse ridders deurgebring wat sy latere lewe beïnvloed het. Hy het ook met ’n Duitse vrou, Lutgard van Salzwedel, getrou.

Hedendaagse historici verskil grootlik oor dié koning, wat soms uitgebeeld word as passief en besluiteloos en soms as ywerig en dapper. Dit lyk egter of Denemarke stabiel was tydens sy bewind. Dit is onduidelik hoekom hy geabdikeer het (die enigste Deense koning wat dit gedoen het). Hy het in 1146 in ’n klooster gaan bly en is op 27 Augustus dieselfde jaar in Odense dood.

Verwysings[wysig]

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [1]
Monarge van Denemarke
Vroeë monarge  HartaknoetGorm die OueHarald BloutandSven VurkbaardHarald IIKnoet die GroteHartaknoetMagnus die GoeieSven IIHarald IIIKnoet die HeiligeOlaf IErik INielsErik IIErik LamSven III / Knoet V / Waldemar die GroteKnoet VIWaldemar die SeëvierendeErik IVAbelChristoffel IErik VErik VIChristoffel IIWaldemar IIIChristoffel IIInterregnumWaldemar AtterdagOlaf IIMargrethe I
Palts-Neumarkt  Erik van PommereChristoffel van Beiere
Oldenburg  Christiaan IHansChristiaan IIFrederik IChristiaan IIIFrederik IIChristiaan IVFrederik IIIChristiaan VFrederik IVChristiaan VIFrederik VChristiaan VIIFrederik VIChristiaan VIIIFrederik VII
Sleeswyk-Holstein-Sonderburg-Glücksburg  Christiaan IXFrederik VIIIChristiaan XFrederik IXMargrethe II