Suid-Afrikaanse etniese groepe en kulture

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Etniese groepe en kulture)
Spring na: navigasie, soek

Suid-Afrika staan bekend as die "Reënboognasie" weens sy unieke etno-kulturele verskeidenheid. Alhoewel die Khoisan of Boesmans erken word as die oudste inwoners van Suid-Afrika, getuig die Nguni-sprekende volkere soos die Zoeloe, Ndebele en Swazi ook van ons gemeenskaplike menslikheid en erfenis.

Die Ndebele word die kunstenaarsvolk genoem, hoofsaaklik omdat hulle artistieke uitdrukking gevind het in hul opvallende kleredrag, muurversierings en die oordadige kralewerk van hul kultuur. Hul bekende muurkuns, met die vrye hand en meestal deur vroue gedoen, weerspieël hul aangebore talent, toewyding aan kuns en dringende begeerte om hulle in kleur en ontwerp uit te druk.

Die etniese kulture van Suid-Afrika behoort aan 'n aantal breër kulturele en linguistiese groepe. Nege groepe kan uitgesonder word:

  • Die Sotho, bestaande uit die (1) Noord-Sotho, (2) die Suid-Sotho en (3) die Wes-Sotho.
  • Die (4) Sjangaan, (4) Tsonga en (5) Venda van die noordelike streke, wat as eiesoortige groepe onderskei word.
  • Die grootste groep is die Nguni, wat bestaan uit die (6) Zoeloe-, (7) Swazi-, (8) Xhosa- en (9) Ndebele-volke.

Ten spyte van die eenheid gesuggereer deur linguistieke ooreenkomste, toon hierdie etniese groepe uiteenlopende kulturele kenmerke. Ongelukkig het Westerse invloed - wat, ironies genoeg, instrumenteel was in die ontwikkeling van etniese identiteit oor verskeie eeue - egter sy tol geëis: Die ou, tradisionele gebruike word vandag selde gesien, behalwe in die mees afgeleë dele van die land en by seremoniële geleenthede.

Sien ook[wysig]