Europese Nasiesbeker

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die Europese Nasiesbeker (ook bekend as die Ses Nasies B) is die Europese kampioenskap vir vlak 2 en 3 rugbyspelende lande.

Die kampioenskap is in sewe divisies verdeel met vier tot ses spanne in elke divisie. Die divisies speel in tuis- en wegwedstryde op 'n tweejaar siklus teen die ander spanne in hul divisie. Sedert 2009 word die wenner aangewys na aanleiding van ’n eenjarige ordening. Die huidige kampioene is Georgië wat die 2014-titel gewen het.

Sedert Italië se aansluiting by die Vyfnasies-kampioenskap in 2000 is daar geen promosie of relegasie tussen die Europese Nasiesbeker en die Ses Nasies-toernooi nie.

Geskiedenis[wysig]

2012-2014 Europese Nasiesbekerdivisies
Sleutel
Divisie 1A
Divisie 1B
Divisie 2A
Divisie 2B
Divisie 2C
Divisie 2D
Divisie 3A
Sesnasies
Ander

Na die instelling van die divisie-stelsel in 2000 het Roemenië die eerste kompetisie gewen. Marokko was in die eerste seisoen deel van die kompetisie. In 2001 is Marokko deur Rusland vervang en Georgië het die titel verower na 'n reeks goeie vertonings en 'n eindstryd waarin hulle met 31-20 teen Roemenië geseëvier het. Soos die formaat van die kompetisie verander het van 'n eenjaar- na 'n twee-jaartoernooi is Nederland nie terug geskuif nie na die tweede seisoen nie. Roemenië het in 2002 begin met 'n agterstand teen Georgië na die uitslae van 2001, maar kon dit steeds regkry om al hul oorblywende vyf wedstryde te wen, wat 'n sege teen Georgië in Tbilisi van 31-23 ingesluit het.

Portugal het op verrassende wyse teen Roemenië gewen (16-15) in Lissabon en het huleself bo-aan die punteleer bevind aan die einde van 2003. In die tweede helfte van die kompetisie het Roemenië weer op koers gekom met 'n sege van 36-6 teen Portugal in Constanţa, maar het met 24-33 verloor teen Rusland in Krasnodar. Portugal het hul eerste titel beklink met 'n laaste-minuut wen teen Rusland (19-18) in Lissabon. Die wedstryd tussen Rusland en Tsjeggië is geherskeduleer as gevolg van gure weer en is uiteindelik afgelas. Die toernooi van 2004-2006 het ook gedien as kwalifiserende groep vir die Wêreldbeker in 2007. Roemenië was triomfantelik al het hulle met dieselfde punte as Georgië geëindig en die Oekraïne is afgeskuif nadat hulle al hul wedstryde verloor het.

In die toernooi van 2007-2008 het Spanje teruggekeer tot die hoogste divisie. Die wenners was Georgië, wat goed vertoon het na hul indrukwekkende pogings tydens die Wêreldbeker in 2007. Die Russe het steeds beter vertoon met hulle hoogste plasing ooit; ’n tweede plek in die Eerste Divisie. Tsjeggië was die span wat heel laaste geëindig het, wat betekn dat hulle afgeskuif is na Divisie 2A.

In 2009 is besluit op ’n nuwe formaat. Elke kalenderjaar het sy eie kampioenskap maar die totale rangskikking oor twee jaar bepaal die span wat gerelegeer word. The 2009-2010-seisoen het ook gedien as basis vir die 2011 Rugbywêreldbeker. Duitsland het in 2009 vir die eerste keer in die boonste divisie deelgeneem, Georgië het hul titel suksesvol verdedig en Portugal het in Boekarest oor Rusland geseëvier.

Roemenië wat gekonfronteer is met die moontlike verlies van ’n plek in die Wêreldbeker het hard gewerk en is beloon met die 2010-titel. Die prestasie was egter nie genoeg om by Georgië of Rusland verby te gaan nie. Dié twee lande het na aanleiding van hul goeie resultate van die vorige jaar outomaties vir die Wêreldbeker gekwalifiseer wat beteken het dat Roemenië in die Kwalifiserende Uitspeelrondtes moes speel. Duitsland is gerelegeer nadat hulle geen wedstryde kon wen nie.

Georgië het met gemak in 2011 gewen nadat hulle met 18–11 in Tbilise teen Roemenië gewen het. Die Oekraïne wat bevorder is kon nie beïndruk nie en het al hul wedstryde verloor behalwe ’n onverwagte sege teen Portugal.

2010 – Nuwe Formaat[wysig]

Vir die kompetisie van 2010-2012 (en promosie/relegasie tussen groepe na opeenvolgende kompetisies) is die boonste twee divisies (voorheen 1 en 2A) geherdefinieer as 1A en 1B met ses spanne elk (voorheen ses en vyf). Die volgende vier vlakke (voorheen 2B, 3A, 3B en 3C) het onder die nuwe stelsel 2A-2D geword met die oorblyfsels van Divisie 3D wat die eerste groep van spanne wat as Divisie 3 benoem sou word, uitgemaak het. In beginsel sou elke divisie ’n ander tipe kompetisie omvat.

In Divisie 1 het die groepe ses spanne (wat meer wedstryde en meer reis beteken) met ’n noemenswaardige deel van spelers wat professioneel of semi-professioneel speel (dit beteken dat wedstryde so dikwels moontlik geskeduleer is binne die IRR se internasionale wedstrydtydraamwerk wanneer klubs spelers moet vry gee vir nasionale pligte) en slegs een span word elke twee jaar bevorder en gerelegeer (wat beteken dat die kompetisie meer stabiel is).

In Divisie 2 het die groepe slegs vyf spanne elk (wat gewoonlik een tuiswedstryd en een wegwedstryd in die herfs en dieselfde in die lente, beteken vir elke span) met die aanname dat die meerderheid spelersamateurs is (wat beteken dat skedulering nie so beperk is nie) en benewens die tradisionele outomatiese eerste-bevorder-laaste-gerelegeer-stelsel, speel die vierde plek van die hoër geplaaste poel teen die tweede plek van die laer geplaaste poel na elke tweejaarlikse kompetisie. Die wenner neem dan sy posisie in hoër geplaaste poel in. Van ’n vyf-span-groep is een span bevorder, een gerelegeer en twee speel in uitspeelwedstryde. ’n Maksimum van vier van ’n poel se vyf spanne kan dus verander van een tweejaarlikse kompetisie na die volgende.

In Divisie 3 word ’n toernooi van sewe na tien dae een maal per jaar op een plek gereël. Dit verminder die reiskoste vir spanne en verlofvereistes vir spelers. Dit laat ook buigsaamheid toe in terme van spanlede wat elke jaar kan verander en plaas nie soveel druk op spanne om meer konstant oor twee jaar te wees nie. Die span wat die beste vertoon oor twee jaar se toernooie word na Divisie 2 bevorder.

In die jaar van die oorgang na ide nuwe stelsel (2010) was daar geen relegasie van enige divisie nie omdat die tweede hoogste divisie (die voormalige 2A, nou 1B) met ’n span vergroot is.

Huidige divisies (2012-2014)[wysig]

Divisie 1A
Vlag van België België
Vlag van Georgië (land) Georgië
Vlag van Portugal Portugal
Vlag van Roemenië Roemenië
Vlag van Rusland Rusland
Vlag van Spanje Spanje
Divisie 1B
Vlag van Tsjeggië Tsjeggië
Vlag van Duitsland Duitsland
Vlag van Moldowa Moldowa
Vlag van Pole Pole
Vlag van Swede Swede
Vlag van Oekraïne Oekraïne
Divisie 2A
Vlag van Kroasië Kroasië
Vlag van Litaue Litaue
Vlag van Malta Malta
Vlag van Nederland Nederland
Vlag van Switserland Switserland
Divisie 2B
Vlag van Andorra Andorra
Vlag van Denemarke Denemarke
Vlag van Israel Israel
Vlag van Letland Letland
Vlag van Serwië Serwië
Divisie 2C
Vlag van Oostenryk Oostenryk
Vlag van Siprus Siprus
Vlag van Bulgarye Bulgarye
Vlag van Hongarye Hongarye
Vlag van Slowenië Slowenië
Divisie 2D
Vlag van Bosnië-Herzegowina Bosnië en Herzegowina
Vlag van Finland Finland
Vlag van Griekeland Griekeland
Vlag van Luxemburg Luxemburg
Vlag van Noorweë Noorweë
Divisie 3A
Vlag van Azerbeidjan Azerbeidjan
Vlag van Estland Estland
Vlag van Slowakye Slowakye
Vlag van Turkye Turkye

Die Dertigs: die eerste drie toernooie[wysig]

Jaar Gasstad Wenner Tweede plek Derde plek
1936 Berlyn Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Duitsland Duitsland Vlag van Italië Italië
1937 Parys Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Italië Italië Vlag van Duitsland Duitsland
1938 Boekarest Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Roemenië Roemenië Vlag van Duitsland Duitsland

Die Vyftigs: die Europesebeker[wysig]

Jaar Wenner Tweede plek Derde plek
1952 Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Italië Italië Vlag van Duitsland Wes-Duitsland
1954 Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Italië Italië Vlag van Spanje Spanje

Die Nasiesbeker 1966-1973[wysig]

Jaar Wenner Tweede plek Derde plek
1965/1966 Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Italië Italië Vlag van Roemenië Roemenië
1966/1967 Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Roemenië Roemenië Vlag van Italië Italië
1967/1968 Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Roemenië Roemenië Vlag van Tjeggoslowakye Tjeggoslowakye
1968/1969 Vlag van Roemenië Roemenië Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Tjeggoslowakye Tjeggoslowakye
1969/1970 Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Roemenië Roemenië Vlag van Italië Italië
1970/1971 Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Roemenië Roemenië Vlag van Marokko Marokko
1971/1972 Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Roemenië Roemenië Vlag van Marokko Marokko
1972/1973 Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Roemenië Roemenië Vlag van Spanje Spanje

Die FIRA-trofee 1974-1997[wysig]

Jaar Wenner Tweede plek Derde plek
1973/1974 Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Roemenië Roemenië Vlag van Spanje Spanje
1974/1975 Vlag van Roemenië Roemenië Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Italië Italië
1975/1976 Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Italië Italië Vlag van Roemenië Roemenië
1976/1977 Vlag van Roemenië Roemenië Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Italië Italië
1977/1978 Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Roemenië Roemenië Vlag van Spanje Spanje
1978/1979 Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Roemenië Roemenië Vlag van Sowjetunie Sowjetunie
1979/1980 Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Roemenië Roemenië Vlag van Italië Italië
1980/1981 Vlag van Roemenië Roemenië Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Sowjetunie Sowjetunie
1981/1982 Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Italië Italië Vlag van Roemenië Roemenië
1982/1983 Vlag van Roemenië Roemenië Vlag van Italië Italië Vlag van Sowjetunie Sowjetunie
1983/1984 Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Roemenië Roemenië Vlag van Italië Italië
1984/1985 Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Sowjetunie Sowjetunie Vlag van Italië Italië
1985/1987 Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Sowjetunie Sowjetunie Vlag van Roemenië Roemenië
1987/1989 Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Sowjetunie Sowjetunie Vlag van Roemenië Roemenië
1989/1990 Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Sowjetunie Sowjetunie Vlag van Roemenië Roemenië
1990/1992 Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Italië Italië Vlag van Roemenië Roemenië
1992/1994 Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Italië Italië Vlag van Roemenië Roemenië
1995/1997 Vlag van Italië Italië Vlag van Frankryk Frankryk Vlag van Roemenië Roemenië

Europese Natiesbeker (2000 - Huidig)[wysig]

Jaar Eerste Divisie Laer Divisie Kampioene
Wenner Tweede Derde Afgeskuif Divisie 2 Divisie 3
2000 Vlag van Roemenië Roemenië Vlag van Georgië (land) Georgië Vlag van Marokko Marokko Vlag van Rusland Rusland Vlag van Tsjeggië Tsjeggië
2001 Vlag van Georgië (land) Georgië Vlag van Roemenië Roemenië Vlag van Rusland Rusland Vlag van Pole Pole Nie gespeel nie[1]
2001-2002 Vlag van Roemenië Roemenië Vlag van Georgië (land) Georgië Vlag van Rusland Rusland Vlag van Nederland Nederland Vlag van Tsjeggië Tsjeggië Vlag van Slowenië Slowenië
2003-2004 Vlag van Portugal Portugal Vlag van Roemenië Roemenië Vlag van Georgië (land) Georgië Vlag van Spanje Spanje Vlag van Oekraïne Oekraïne Vlag van Moldowa Moldowa
2005-2006 Vlag van Roemenië Roemenië Vlag van Georgië (land) Georgië Vlag van Portugal Portugal Vlag van Oekraïne Oekraïne Vlag van Spanje Spanje Vlag van Letland Letland
2007-2008 Vlag van Georgië (land) Georgië Vlag van Rusland Rusland Vlag van Roemenië Roemenië Vlag van Tsjeggië Tsjeggië Vlag van Duitsland Duitsland Vlag van Swede Swede
2008-2009 Vlag van Georgië (land) Georgië Vlag van Rusland Rusland Vlag van Portugal Portugal Vlag van Duitsland Duitsland[2] Vlag van Oekraïne Oekraïne Vlag van Litaue Litaue
2010 Vlag van Roemenië Roemenië Vlag van Georgië (land) Georgië Vlag van Rusland Rusland
2011 Vlag van Georgië (land) Georgië Vlag van Roemenië Roemenië Vlag van Portugal Portugal Vlag van Oekraïne Oekraïne[3] Vlag van Swede Swede Vlag van Bosnië-Herzegowina Bosnië en Herzegowina
2012 Vlag van Georgië (land) Georgië Vlag van Spanje Spanje Vlag van Roemenië Roemenië
2013 Vlag van Georgië (land) Georgië Vlag van Roemenië Roemenië Vlag van Rusland Rusland Vlag van België België[4]
2014 Vlag van Georgië (land) Georgië Vlag van Roemenië Roemenië Vlag van Rusland Rusland

Europese Nasiesbeker Algehele Tabel (2000-2013)[wysig]

Nasie Kampioen Weds Gewen Gelyk Verloor Wen-/Verloorpersentasie
Vlag van Georgië (land) Georgië 7 75 59 4 12 83%
Vlag van Roemenië Roemenië 4 75 55 2 18 75%
Vlag van Rusland Rusland 0 69 39 3 27 59%
Vlag van Portugal Portugal 1 75 34 3 38 47%
Vlag van Spanje Spanje 0 65 18 3 44 29%

Europese Nasiesbekerwenners (2000-2014)[wysig]

Nasie Wenner Tweede plek Derde plek
Vlag van Georgië (land) Georgië 7 4 1
Vlag van Roemenië Roemenië 4 5 2
Vlag van Portugal Portugal 1 0 3
Vlag van Rusland Rusland 0 2 5
Vlag van Spanje Spanje 0 1 0
Vlag van Marokko Marokko 0 0 1

Ander trofeë[wysig]

Daar word binne die verloop van die kompetisie om ’n aantal ander trofeë meegeding, hoofsaaklik as langbestaande wedstryde tussen twee spanne:

  • Viriatobeker: Portugal teen Spanje. Die mees onlangse Viriatobekerwedstryd het gelykop geëindig; Spanje het dus die trofee gehou (2013)
  • Trofee van die Twee Iberiës: Georgië teen Spanje. Die mees onlangse Trofee van die Twee Iberiës-wedstryd is deur Georgië gewen (2013)
  • Skat van die Lipowane: Roemenië teen Rusland. Die mees onlangse Skat van die Lipowane-wedstryd is deur Roemenië gewen (2013)
  • Antimbeker: Roemenië teen Georgië. Die mees onlangse Antimbekerwedstryd is deur Georgië gewen (2013)
  • Goud van Moskou: Rusland teen Spanje. Die mees onlangse Goud van Moskou-wedstryd is deur Rusland gewen (2013)
  • Coltanbeker: Portugal teen België. Die mees onlangse Coltanbekerwedstryd is deur Portugal gewen (2013)
  • Suil van Trajanus: Spanje teen Roemenië. Die mees onlangse Suil van Trajanus-wedstryd is deur Roemenië gewen (2013)
  • Suebibak: Duitsland teen Portugal. Die mees onlangse Suebibakwedstryd is deur Portugal gewen (2010)

Verwysings[wysig]

  1. Is gespeel as die tweede rondte van die 2003 Rugbywêreldbeker Europese kwalifisering
  2. relegasie en promosie op tweejaarlikse ordening
  3. relegasie en promosie op tweejaarlikse ordening
  4. relegasie en promosie op tweejaarlikse ordening
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.