Europese swael

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Europese swael
European subspecies
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Passeriformes
Familie: Hirundinidae
Genus: Hirundo
Spesie: H. rustica
Binomiale naam
Hirundo rustica
Linnaeus, 1758
Hirundo rustica

Die Europese Swael (Hirundo rustica) is 'n klein trekvoël en die wydste verspreide swael in die wêreld.[1]

Identifikasie[wysig]

Hy word aan sy donker ken en keel uitgeken; by voëls wat verveer (November-Januarie) ontbreek die roesrooi ken en lang stertwimpels dikwels. Jonges is algemeen tydens Oktober-Desember.

18 cm

Habitat[wysig]

Tydens die somer is hulle die algemeenste swaels en in vlug meng hulle vryelik met ander swaels en windswaels oor feitlik alle habitats. Groot swerms kom saam om in rietplate te vernag.

Verspreiding[wysig]

Swaels van die Europese ras trek gedurende die lente noordwaarts na hulle broeiareas in Europa, so ver noord soos die arktiese sirkel. Hulle oorwinter in Afrika.

Geluid[wysig]

Swerms kwetter saggies, veral as hulle sit.

Ander name[wysig]

  • Wetenskaplike naam: Hirundo rustica
  • Engelse naam: Barn Swallow / European Swallow
  • Duitse naam: Rauchschwalbe
  • Nederlandse naam: Boerenzwaluw

Sien ook[wysig]

Bronnelys[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Turner, Angela K; Rose, Chris (1989). Swallows & martins: an identification guide and handbook. Boston: Houghton Mifflin. ISBN 0-395-51174-7.  p164–169