Evander

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Evander
Ligging van Evander op 'n kaart (Mpumalanga)
Evander
Evander
Koördinate: 26°27′0″S 29°6′0″O Koördinate: 26°27′0″S 29°6′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Mpumalanga
Distriksmunisipaliteit Gert Sibande
Plaaslike Munisipaliteit Govan Mbeki
Hoogte 1 655 m (5 430 vt)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 2280
Skakelkode(s) +27 (0)17

Evander is 'n dorp in die Oosvaal-streek van die Suid-Afrikaanse provinsie Mpumalanga, sowat 120 kilometer oos van Johannesburg en 1 659 meter bo seevlak geleë. Evander is in 1955 gestig. Die dorp het sy naam ter ere van Evelyn Anderson gekry, die eggenote van 'n plaaslike mynboumaatskappy se direkteur. Evander het sy naam aan die Evanderbekken, 'n kleiner geologiese formasie buite die Witwatersrand, verleen.

Ekonomie[wysig]

Evander is nog steeds 'n belangrike mynboudorp waar goud en die byprodukte silwer en osmiridium ontgin word. Die SASOL II en III-aanlegte is in die laat 1970's naby Evander en die buurdorp Trichardt se steenkoolvelde opgerig.

Sien ook[wysig]