F/A-18 Hornet

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
F/A-18 Hornet
USMC FA-18 Hornet.JPEG
'n Mariene Korps F/A-18 Hornet vlieg oor die Suid-Sjinese See in Oktober 2003
Tipe Meerdoelige vegvliegtuig
Vervaardiger McDonnell Douglas/Boeing Northrop
Ontwerp deur McDonnell Douglas/Northrop
Nooiensvlug 18 November 1978
Vrygestel 7 Januarie 1983
Status In gebruik
Hoofgebruikers Amerikaanse Vloot
Amerikaanse Mariene Korps
Australiese Lugmag
Spaanse Lugmag
Vervaardig sedert 1978
Aantal gebou 1480
Eenheidskoste VS$ 29–57 miljoen (2006)[1]
Ontwikkel van Northrop YF-17

Die McDonnell Douglas F/A-18 Hornet is 'n tweemotorige supersoniese, alle weersomstandighede, vliegdekskipbruikbare veeldoelvegvliegtuig, ontwerp as beide 'n vegter en aanvalsvliegtuig (F/A aanwysing vir vegter/aanval). Ontwerp deur McDonnell Douglas en Northrop, is die F/A-18 afgelei van die laasgenoemde se YF-17 in die 1970's vir gebruik deur die Amerikaanse Vloot en Mariene Korps. Die Hornet word ook gebruik deur verskeie ander lande se lugmagte. Die Amerikaanse Vloot se vlugdemonstrasie-eskader, die Blue Angels, gebruik die Hornet sedert 1986.

Die F/A-18 het 'n topspoed van Mach 1,8 (1 915 km/h op 40 000 voet of 12 190 m). Dit kan 'n wye verskeidenheid van bomme en missiele dra, insluitend lug-tot-lug en lug-tot-grond, aangevul deur die 20 mm M61 Vulcankanon. Die vliegtuig word aangedryf deur twee General Electric F404 turbowaaierenjins, wat aan die tuig 'n hoë stukrag-tot-massaverhouding gee. Die F/A-18 het uitstekende lugdinamiese eienskappe, hoofsaaklik toe te skryf aan die verlengstukke vooraan beide sy vlerke.

Die vegter se primêre gebruike is vir gevegsbystand, vlootverdediging, onderdrukking van die vyand se lugverdediging, lugverbod, nabylugondersteuning en lugverkenning. Sy veelsydigheid en betroubaarheid het bewys dat dit 'n waardevolle bate vir vliegdekskepe kan wees. Nogtans is dit gekritiseer vir sy gebrek aan verskeidenheid en loonvrag in vergelyking met sy vorige tydgenote, soos die Grumman F-14 Tomcat in die veg- en aanvalsrol, en die Grumman A-6 Intruder en LTV A-7 Corsair II in die aanvalsrol.

Tegniese gegewens[wysig]

Lengte: 17,07 m
Breedte: 11,43 m
Hoogte: 4,66 m
Maksimum snelheid: Mach 1.8
Reikafstand: 3 400 km
Engins: 2 General Electric F404 turbowaaierenjins

Verwysings[wysig]

  1. "F/A-18 Hornet strike fighter." Amerikaanse Vloot. Verkry: 12 Desember 2008.


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.