Faf du Plessis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Francois du Plessis
Faf du Plessis.jpg
Faf du Plessis tydens die IKR T20-wêreldbeker in Bangladesh, 2014.
Volle naam Francois du Plessis
Gebore 13 Julie 1984 (1984-07-13) (30 jaar oud)
Pretoria, Transvaal, Suid-Afrika
Bynaam(e) Faf
Lengte 1.80 m
Kolfstyl Regshandig ortodoks
Boulstyl Regterarm bybreek
Rol Veelsydige kolwer
Internasionale inligting
Nasionale span Suid-Afrika
Toetsdebuut (no 314) 22 November 2012 v Australië
Laaste Toets 24 Julie 2014 v Sri Lanka
Toetshempno. 79
EDI debuut (no 101) 18 Januarie 2011 v Indië
Laaste EDI 12 Junie 2014 v Sri Lanka
EDI hempno. 79
T20I debuut (no 52) 8 September 2012 v Engeland
Laaste T20I 12 Maart 2014 v Australië
T20I hempno. 18
Eersterang spaninligting
Jaar(e) Span
2004– Noordelikes
2005– Titans
2008–2009 Lancashire
2011– en:Chennai Super Kings
2012– en:Melbourne Renegades
Loopbaanstatistiek
Kompetisie Toets     EDI       1e rang       T20
Wedstryde 16 47 94 98
Lopies aangeteken 1159 1,102 5,564 1,993
Kolfgemiddeld 53.00 27.55 40.57 25.22
100s/50s 3/4 0/7 11/33 0/12
Hoogste telling 137 72 176 78*
Aflewerings geboul 78 150 2,558 790
Paaltjies 0 2 41 50
Boulgemiddeld - 75.00 36.02 18.34
5 paaltjies in 'n kolfbeurt - 0 0 2
10 paaltjies in 'n wedstryd - 0 0 0
Beste boulontleding - n/a 4/39 5/19
Vangskote/Stonkings 9/– 27/- 82/- 31/-
Bron: Cricinfo, 28 Julie 2014

Faf du Plessis (* 13 Julie 1984 in Pretoria, Transvaal) is 'n Suid-Afrikaanse krieketspeler wat op internasionale vlak vir die Suid-Afrikaanse nasionale krieketspan speel. Hy is 'n regshandige middelkolwer wat ook deeltyds draaiballe boul. Du Plessis het plaaslike krieket vir Noordelikes en die Titans gespeel, sowel as wedstryde vir Lancashire, die Chennai Super Kings, en die Melbourne Renegades. Hy maak sy toetsbuiging in November 2012 en word slegs die vierde Suid-Afrikaner wat 'n toetshonderdtal tydens sy debuutwedstryd kan aanteken.[1] Du Plessis is ook T20I-kaptein van die Proteas sedert die Twintig20-reeks teen Nieu-Seeland in Februarie 2013.[2]

Onderwys[wysig]

Du Plessis matrikuleer by die Afrikaanse Hoër Seunskool (ook bekend as Affies), 'n openbare skool geleë in Pretoria. Hy het saam met mede Titans krieketspelers AB de Villiers, Heino Kuhn en Jacques Rudolph skoolgegaan. Hy is ook 'n gegradueerde van die Universiteit van Pretoria.

Eksterne skakels[wysig]

Verwysings[wysig]


Suid-Afrika se huidige nasionale krieketspan

Hashim Amla (kaptein) - Quinton de Kock - AB de Villiers [EDI-kaptein] - Faf du Plessis [T20-kaptein] - JP Duminy - Dean Elgar - Ryan McLaren
- David Miller - Morné Morkel - Wayne Parnell - Vernon Philander - Alviro Petersen - Robin Peterson - Dale Steyn - Imran Tahir [EDI-span] - Lonwabo Tsotsobe [EDI-span]