Federasietoring

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Vordering teen 18 Desember 2006
Federasietoring in 2012

Die Federasietoring (Russies: Федерация; Federatsieja) is 'n wolkekrabber wat sedert 2004 in die Russiese hoofstad Moskou in die stadsdeel "Москва-Сити" Moskva-Siti gebou word. Die geboukompleks bestaan uit twee torings, waarvan die eerste 'n hoogte van 360 meter sal bereik (met antennemas 506 meter) en 93 verdiepings sal tel, en die tweede 'n hoogte van 243 meter met 62 verdiepings. Die kompleks sal in 2013 voltooi word en sal dan die hoogste gebou in Europa wees. Dit sal byna 90 meter hoër as die Moskouse Triomfpaleis (ook bekend as die 8ste van die Sewe Susters) wees.

Die argitekte van die gebou is die Russiesgebore Duitser Sergei Tchoban en die Duitser Peter Paul Schweger. Die toring word deur die Miraks-groep opgerig.

Die boukoste bedra sowat 390 miljoen Euro. Die Russiese bank VTB (voorheen Vnesjtorgbank) sal 30 verdiepings van die gebou gebruik. Die bank finansier 50% van die projek. 'n Groot deel van die gebou word ook vir die Grand Hyatt Moscow gereserveer. Beide geboue sal verder in hul boonste verdiepings restaurante, 'n uitsigplatform en 'n gimnasium met 'n swembad huisves.

Eksterne skakels[wysig]

Commons
Wikimedia Commons het meer media verwant aan: