Fermilab

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Tevatron-versneller

Fermilab is 'n Amerikaanse nasionale ondersoeksentrum wat spesialiseer in hoë energie fisika. Dit word in 1967 opgerig en is in die Chicago-area geleë. Die sentrum is na die wetenskaplike Enrico Fermi vernoem.

Fermilab word beskou as Amerika se teenvoeter vir die Europese CERN. Die Tevatron-partikelversneller is deel van Fermilab. In die Tevatron-ring word protone op antiprotone geskiet met 'n energie van 1,96 TeV (1 TeV = 10^{12} elektronvolt). Die botsings in die Tevatron-ring word deur twee partikeldetektors gemeet, D0 en CDF. Naas hierdie twee word daar ook ander eksperimente by Fermilab uitgevoer.

Trivia[wysig]

Die planetoïde 11998 Fermilab is na Fermilab vernoem.

Eksterne skakels[wysig]

Commons
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Fermilab (bladsy)

Koördinate: 41°49′58″N 88°15′8″W