Fernando Alonso

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Fernando Alonso in 2011
Fernando Alonso se eerste renmotor

Fernando Alonso Díaz (gebore op 29 Julie 1981 in Oviedo) is 'n Spaanse Formule Eenrenjaer en 'n tweemalige wêreldrenkampioen.

Alonso het reeds op 3-jarige ouderdom met knortjorre rondgerits. Hy het daarna knortjorwedrenne gewen in Spanje in 1994-1997, en is bekroon as die wêreldknortjorkampioen in 1996.

Hy het die wêreld van Formule Een betree in 2001 by die Minardispan, en verskuif na Renault as toetsbestuurder die volgende jaar. Alonso is in die 2003-seisoen bevorder tot 'n gereelde renjaer in die Franse span.

Tydens die 2007-seisoen het Alonso vir die McLarenspan gejaag, maar is later terug na Renault vir twee seisoene in 2008-2009. Sedert die 2010-seisoen is Alonso opgeneem in die Scuderia Ferrarispan, om die Italiaanse span verder te versterk. Die salaris wat hy by Ferrari verdien het in die 2010-seisoen word geskat op 30 miljoen euro, en sedert die onttrekking van Kimi Räikkönen aan die einde van 2009, word Alonso die hoogsbesoldigde F1 bestuurder vir die 2010 seisoen.

Fernando Alonso is die enigste jaer wat Michael Schumacher kon troef op sy hoogtepunt as sesmalige wêreldkampioen.