Fiela se kind

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Fiela se Kind
Outeur Dalene Matthee
Land Suid-Afrika
Taal Afrikaans
Genre Drama
Uitgewer Tafelberg Uitgewers Ltd.
Uitgegee 1985
ISSN 624022692
Vervolg Fiela's Child, VSA, 1986
Fielas Kind, Duitsland, 1986
Le fils de Tiela, Frankryk, 1986
en andere.
Letterkunde-portaal

Fiela se kind is 'n Suid-Afrikaanse roman geskryf deur Dalene Matthee wat in 1985 gepubliseer is. Die boek is oorspronklik in Afrikaans geskryf, maar is later na verskeie andere tale, insluitend Engels, Frans, Duits,Nederlands,Spaans, Italiaans, Hebreeus en Yslands vertaal.

Storie[wysig]

Die storie speel af in die negentiende eeu in die woude van Knysna, Suid-Afrika en vertel die storie van 'n kleurlingvrou en haar familie wat 'n verlate wit kind aanneem. Nege jaar later word die kind weggeneem en geforseer om by 'n wit familie van houtkappers te woon wat beweer hy is hulle verlore seun. Die ironie is dat sy omstandighede by die wit familie heelwat slegter is as by die bruin mense wat gesien was as van 'n laer klas as gevolg van hulle ras. Die klimaks van die storie ontvou 'n paar jaar later as sy "wit" moeder erken hy is nie haar regte seun nie, en hy na sy oorspronklike familie (Fiela en haar man Selling, nie sy biologiese ma nie)terugkeer.

Fliek[wysig]

Die storie is later verfilm en die rolprent Fiela se kind is in 1988 vrygestel.

Eksterne skakels[wysig]