Flitspunt

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Verbranding van 'n stof.

Die flitspunt of vlampunt van 'n chemiese stof is die laagste temperatuur waarby die stof genoeg damp afgee om te ontbrand wanneer dit in kontak kom met 'n ontstekingsbron.

Die flitspunt moet nie verwar word met die selfontbrandingstemperatuur nie. Hierdie temperatuur is die temperatuur waarby 'n damp/lug-mengsel spontaan sal ontbrand.

Die flitspunt is 'n aanduiding van hoe geredelik 'n vonk of gloeiende voorwerp 'n brand in teenwoordigheid van die stof sal laat ontstaan.



Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.