Fornax-sterrestelselswerm

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Fornax-sterrestelselswerm
Wide-field view of the Fornax Galaxy Cluster.jpg
Soort Sterrestelselswerm
Sterrebeeld Oond
Regte klimming 03h 38m
Deklinasie -35º 27'
Getal stelsels 58
Ander name NGC 1399-groep, Abell S0373, LGG 96

Die Fornax-sterrestelselswerm is die tweede rykste sterrestelselswerm binne 100 miljoen ligjare[1] van die Aarde af – sowat 62 ligjare (19 parsek). Dit is egter baie kleiner as die Virgo-swerm.

Dit lê hoofsaaklik in die sterrebeeld Oond (Fornax) en is dalk verbind aan die nabygeleë Eridanus-groep. Hoewel dit klein vir ’n sterrestelselswerm is, leer dit ons van die evolusie van dié stelsels omdat dit die invloed wys van die samesmelting van ’n subgroep met die hoofgroep.[2]

In die middel van die swerm lê die sterrestelsel NGC 1399.[1] Ander lede sluit in NGC 1427A en NGC 1404.[1]

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 (June 2006) “The ACS Fornax Cluster Survey. I. Introduction to the Survey and Data Reduction Procedures”. The Astrophysical Journal Supplement Series 452 (1): 141–153. DOI:10.1086/512778.
  2. Hubble Heritage Project”. Dwarf Irregulars and Galaxy Clusters. URL besoek op 2006-12-07.