Francis Crick

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Francis Crick
Francis Crick.png
Naam Francis Harry Compton Crick
Gebore 8 Junie 1916
Weston Favell, Northamptonshire, Engeland
Oorlede 28 Julie 2004 (88 jaar oud)
San Diego, Kalifornië
Nasionaliteit Brits
Vakgebied Fisika, Molekulêre biologie
Instelling(s) Instituut vir Bevordering van Genetiese Studies
Doktorale promotor(s) Max Perutz
Bekend vir RNS struktuur
Toekennings Nobelprys (1962)
Francis Crick signature.svg

Francis Crick se vernaamste bydrae tot die wetenskap is ongetwyfeld sy en James Watson se ontrafeling van die molekulêre struktuur van DNS in die 1950's. Hul bevindinge sou die grondslag vorm van die moderne genetika, molekulêre biologie en biotegnologie, en in 1962 bekroon word met die Nobel-prys vir Geneeskunde of Fisiologie. Van Crick se latere navorsing het gelei tot belangrike ontdekkings oor die funksionering van genetiese materiaal.

Lewensgeskiedenis[wysig]

Francis Harry Compton Crick is op 8 Junie 1916 in Northampton, Engeland, gebore. Ná skool besluit hy om in die natuurwetenskappe te studeer en in 1937 verwerf hy 'n BSc-graad aan die University College in Londen. Die Tweede Wêreldoorlog onderbreek sy doktorale studie in fisika en hy werk die volgende agt jaar as wetenskaplike vir die Britse Vloot. Hier doen hy meestal navorsing oor akoestiese en magnetiese myne. Die jaar 1947 bring groot omwentelinge in Crick se beroeps- en persoonlike lewe mee. Sy eerste huwelik loop ná sewe jaar op die rotse en hy verander nie net van werkgewer nie, maar ook van navorsingsrigting. Hy besluit om na biologie oor te skakel, al het hy min agtergrondkennis daarvan en moet hy as 't ware van voor af begin studeer. Hy skryf in by die Universiteit van Cambridge, waar hy later sy belangrikste werk sou doen. In 1951, terwyl hy werk aan sy doktorale tesis oor die x-straaldiffraksie van proteïene, ontmoet hy James Watson, 'n 23-jarige Amerikaanse navorser. As kollegas vul Crick se agtergrond as natuurwetenskaplike en Watson se kennis van virus- en bakteriële genetika mekaar uitstekend aan. In 1953 publiseer hulle die eerste van vier artikels waarin die dubbele heliksstruktuur van DNS uiteengesit word. In 1962 deel Crick, Watson en nog 'n navorser, Maurice Wilkins, die Nobel-prys vir Geneeskunde of Fisiologie. Ná die ontrafeling van DNS vors Crick - in samewerking met ander wetenskaplikes - die funksionering van genetiese materiaal na en stel hy vas hoe dit as bloudruk vir die vervaardiging van proteïene dien. Hy ontrafel ook die struktuur van 'n verskeidenheid belangrike proteïene en ander komplekse molekules wat in die liggaam voorkom. In 1954 ontvang hy 'n doktorsgraad vir sy tesis, genaamd X-straaldiffraksie: Polipeptiede en proteïene. In sy latere werk spits hy hom veral toe op navorsing oor die brein. Francis Crick is in 1940 getroud met Ruth Doreen Todd, en in 1949 met Odile Speed. 'n Seun en twee dogters is uit die twee huwelike gebore.