Francois Pienaar

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Francois Pienaar Sportportaal
Volle naam Jacobus Francois Pienaar
Geboortedatum 2 Januarie 1967 (1967-01-02) (47 jaar oud)
Geboorteplek Vereeniging, Suid-Afrika
Lengte 191 cm
Gewig 105 kg
Rugbyloopbaan
Posisie(s) Flank
Professionele klubs Wedst (pte)
1997-2000 Saracens 44 (55)
korrek op .
Provinsiale/Staatspanne    
1989-1996 Transvaal 100
korrek op .
Super Rugby    
1996 Transvaal ()
korrek op .
Nasionale span(ne)    
1993-1996 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 29 (15)
korrek op .
Spanne afgerig
2000-2002 Saracens
korrek op .
Ander Inligting
Skool Hoërskool Patriot
Universiteit Randse Afrikaanse Universiteit

Jacobus Francois Pienaar (gebore 2 Januarie 1967) is Suid-Afrika se twee-en-veertigste Springbokkaptein en die eerste wat die Rugbywêreldbeker beker gewen het.

Kinderjare[wysig]

Sy ouers was Jan-Harm en Valerie Pienaar en hy was die oudste van vier broers. Hy haal die hoërskool Plattelandse Distrikte krieketspan wat aan die Nuffieldweek deelneem en in 1985 haal hy Suidoos-Transvaal se Cravenweekspan. Na skool gaan studeer hy met 'n sportbeurs aan die Randse Afrikaanse Universiteit.

Rugbyloopbaan[wysig]

Hy word in 1989 die eerster keer vir die destydse Tranvaal-span gekies. Francois is in 1993 die eerste keer vir die Springbokke gekies en was ook die kaptein. Hy was kaptein in al 29 toetse wat hy gespeel het.

Rugby Wêreldbeker 1995[wysig]

Francois Pienaar was die eerste Springbokkaptein wat 'n span moes lei in 'n Wêreldbeker rugbytoernooi en dit in Suid-Afrika. Hy het dit baie goed gedoen en op 24 Junie 1995 wen sy span die finaal teen die All Blacks en hy ontvang die William Webb Ellis trofee van die Suid-Afrikaanse president, Nelson Mandela.

Eksterne skakels[wysig]

Bron[wysig]