Frankfort

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Frankfort
Ligging van Frankfort op 'n kaart (Vrystaat)
Frankfort
Frankfort
Ligging van Frankfort op 'n kaart (Suid-Afrika)
Frankfort
Frankfort
Koördinate: 27°17′0″S 28°31′0″O Koördinate: 27°17′0″S 28°31′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Vrystaat
Distrik Fezile Dabi
Plaaslike Munisipaliteit Mafube
Jaar gestig 1869
Oppervlak
 - Dorp 32,64 km²  (12,6 vk m)
Tydsone SAST (UTC+2)
Hoofstraat JJ Hadebe (was Brandstraat)

Frankfort in die Oos-Vrystaat lê aan die oewers van die Wilgerivier, wat ‘n deel vorm van die Lesotho-Hoogland-waterprojek en water van Lesotho deur die As-, Liebenbergsvlei- en Wilgeriviere na die Vaaldam laat loop. Die Liebenbergsvleirivier vloei hier in die Wilgerivier in.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Frankfort is vernoem na Frankfurt in Duitsland en in 1869 op die plaas Roodepoort uitgelê. Die dorp is in 1873 geproklameer en het in 1896 munisipale status ontvang. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het genl. Christiaan de Wet verskeie kere met die Britse magte slaags geraak in die omgewing.

Distrik[wysig | wysig bron]

Die distrik is 3 380 km2 groot en lê in die hart van die mieliedriehoek. Daar is 'n botterfabriek op die dorp. Voor die NG Kerk is 'n ou klok wat bewaar gebly het toe die Britte die oorspronklike kerk afgebrand het.

Nywerheidpersele in Frankfort

Sien ook[wysig | wysig bron]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Frankfort (kategorie)

Bronne[wysig | wysig bron]