Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Franse Suidelike gebiede)
Spring na: navigasie, soek
Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede
Territoire des Terres australes et antarctiques françaises
(Frans)
Flag of the French Southern and Antarctic Lands.svg Armoiries des Terres australes et antarctiques françaises.svg
(Vlag van die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede) (Wapen van die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede)
Nasionale leuse: Liberté, égalité, fraternité
Ligging van die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede
Ligging van die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede
Kaart van die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede
Kaart van die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede
Amptelike tale Frans
Hoofstad Saint-Pierre op Réunion
Grootste stad Saint-Pierre op Réunion
Eerste Minister Rollon Mouchel-Blaisot
Oppervlakte
 - Totaal
439 781 vk km
Bevolking
 - Totaal (Winter)
 - Bevolkingsdigtheid
200
0/vk km
Geldeenheid Euro (€) (EUR)
Tydsone UTC: UTC +5/+10
Volkslied La Marseillaise
Kaart van die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede

Die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede (Frans: Territoire des Terres australes et antarctiques françaises of Terres australes et antarctiques françaises of T.A.A.F. of TAAF) is antarktiese, vulkaniese eilande in die suidelike Indiese Oseaan, suid van Afrika en omtrent ewe ver van Afrika, Antarktika, en Australië.

Administrasie[wysig]

Die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede is deel van die oorsese gebiede van Frankryk (Frans: territoire d'outre-mer).

Dit is sedert 1955 'n oorsese gebied van Frankryk. Dit is te vore vanuit Parys deur 'n administrateur supérieur, bygestaan deur 'n sekretaris-generaal, bestuur; sedert Desember 2004 word dit egter deur 'n préfet (tans, Michel Champon), met hoofkantoor in Saint-Pierre op Réunioneiland bestuur. Die "hoofstad" (hoofbasis) van die gebied is Martin-de-Viviès op Île Amsterdam.

Die gebied word in vyf distrikte verdeel:

'n Distrikshoof, wat magte soortgelyk aan die van 'n Franse burgemeester het (insluitend die opneem van geboortes en sterftes en as 'n offisier van die polisie optree), staan aan die hoof van elke distrik.

Omdat daar geen permanente bevolking is nie is daar nie 'n verkose raad nie en stuur die gebied nie verteenwoordigers na die nasionale parlement nie.

Verskeie lande erken nie die Franse aanspraak op "Adélieland" nie en Frankryk se gebiedsaanspraak is opgeskort volgens die voorwaardes van die Antarktiese Verdrag.

Sedert 2007 is die insluiting van die Verspreide Eilande in die Indiese Oseaan (Frans: Îles Éparses) in die TAAF deur die Franse regering ingestel.

Geografie[wysig]

Die gebied sluit Île Amsterdam, Île Saint-Paul, Îles Crozet, en Îles Kerguelen in die suidelike Indiese Oseaan naby 43°S, 67°E, in asook die Franse sektor van Antarktika, Terre Adélie, wat deur die Franse ontdekkingsreisiger Jules Dumont d'Urville na sy vrou vernoem is.

Die "Terre Adélie" van ongeveer 432 000 km² en die eilande, in totaal 7781 km², het geen inheemse bevolking nie, alhoewel daar in 1997 omtrent 100 navorsers waarvan die getalle tussen die winter en sommer wissel.

Île Amsterdam en Île Saint-Paul is gebluste vulkane; die hoogste punt in die gebied is Mont Ross op Îles Kerguelen teen 1850 meter. Daar is geen aanloopbane op die eilande nie en die 1232 kilometer kus lyn het geen hawens nie, slegs ankerplekke in die see.

Die eilande in die Indiese Oseaan word bedien deur 'n spesiale skip, Marion Dufresne, wat uit Le Port in Réunion vaar. Terre Adélie word deur die Astrolabe bedien wat uit Hobart in Tasmanië vaar.

Die gebied het 'n handelsvloot wat (in 1999) 2 892 911 GRT / 5 165 713 DWT bedrae, insluitend sewe massavragskepe, vyf vragskepe, tien chemiese tenkskepe, nege houervragskepe, ses six liquified gas carriers, 24 petroleumtenkskepe, een verkoelde vragskip, en ry-op-ry-afveerbotes. Die vloot word in stand gehou as 'n onderafdeling van die Franse register wat skepe in Franse besit toelaat om onder meer gunstige belasting en bemannings regulasie bedryf te word as wat onder die hoof Franse register moontlik is. Die register is egter besig om uit te sterf as gevolg van die skepping van die RIF (Registre International Français).

Distrikte INSEE-Code Hoofstad Bevolking(1) Oppervlakte
[km²]
Eksklusiewe Ekonomiese Sone
[km²]
Sint-Pauleiland en Amsterdameiland 98411 Martin-de-Viviès-Station(4) 29 66 502.533
Kergueleneilande 98412 Port-aux-Français(4) 60 7.215 563.869
Crozeteilande 98413 Alfred-Faure-Station(4) 18 352 567.475
Adélieland(2) 98414 Dumont-d’Urville-Station(4) 33 432.000
Verspreide Eilande in die Indiese Oseaan(3) 98415 Saint-Pierre(5) 56 44 640.400
TAAF totaal 984 Saint-Pierre(5) 206 439.677 2.274.277

Ekonomie[wysig]

Die gebied se natuurlike hulpbronne is beperk tot vis en kreef; ekonomiese aktiwiteit is beperk tot die bediening van die meteorologiese en geofisiese navorsingstasies en Franse of ander vissersvlote.

Die hoof vissoorte is Patagoniese tandvis en kreef. Beide word deur buitelandse vlote gestroop; daarom partolleer die Franse Vloot, en soms ander dienste, die omgewing en word stroperskepe gearresteer. Sulke arrestasies het groot boetes en/of die in beslag neem van die skip tot gevolg.

Frankryk het te vore lisensies aan buitelandse visserye vir die vang van Patagoniese tandvis verkoop; maar as gevolg van oor bevissing, word dit nou beperk tot 'n klein aantal visserye van Réunion.

Die gebied se jaarlikse inkomste is omtrent $18 miljoen.

Marion Dufresne kan gasheer speel tot 'n klein aantal kommersiële toeriste wat die eilande kan beoek as die skip daar aandoen.

Allerlei[wysig]

Die gebied se datakode is FS en sy ISO 3166-1 landkode is TF (met Internet-topvlakdomein .tf).

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Flag of France.svg Die départements van Frankryk (Départements français) Armoiries république française.svg
Metropolitaanse Frankryk (France métropolitaine

01 Ain | 02 Aisne | 03 Allier | 04 Alpes-de-Haute-Provence | 05 Hautes-Alpes | 06 Alpes-Maritimes | 07 Ardèche | 08 Ardennes | 09 Ariège | 10 Aube | 11 Aude | 12 Aveyron | 13 Bouches-du-Rhône | 14 Calvados | 15 Cantal | 16 Charente | 17 Charente-Maritime | 18 Cher | 19 Corrèze | 2A Corse-du-Sud | 2B Haute-Corse | 21 Côte-d'Or | 22 Côtes-d'Armor | 23 Creuse | 24 Dordogne | 25 Doubs | 26 Drôme | 27 Eure | 28 Eure-et-Loir | 29 Finistère | 30 Gard | 31 Haute-Garonne | 32 Gers | 33 Gironde | 34 Hérault | 35 Ille-et-Vilaine | 36 Indre | 37 Indre-et-Loire | 38 Isère | 39 Jura | 40 Landes | 41 Loir-et-Cher | 42 Loire | 43 Haute-Loire | 44 Loire-Atlantique | 45 Loiret | 46 Lot | 47 Lot-et-Garonne | 48 Lozère | 49 Maine-et-Loire | 50 Manche | 51 Marne | 52 Haute-Marne | 53 Mayenne | 54 Meurthe-et-Moselle | 55 Meuse | 56 Morbihan | 57 Moselle | 58 Nièvre | 59 Nord | 60 Oise | 61 Orne | 62 Pas-de-Calais | 63 Puy-de-Dôme | 64 Pyrénées-Atlantiques | 65 Hautes-Pyrénées | 66 Pyrénées-Orientales | 67 Bas-Rhin | 68 Haut-Rhin | 69 Rhône | 70 Haute-Saône | 71 Saône-et-Loire | 72 Sarthe | 73 Savoie | 74 Haute-Savoie | 75 Parys | 76 Seine-Maritime | 77 Seine-et-Marne | 78 Yvelines | 79 Deux-Sèvres | 80 Somme | 81 Tarn | 82 Tarn-et-Garonne | 83 Var | 84 Vaucluse | 85 Vendée | 86 Vienne | 87 Haute-Vienne | 88 Vosges | 89 Yonne | 90 Territoire de Belfort | 91 Essonne | 92 Hauts-de-Seine | 93 Seine-Saint-Denis | 94 Val-de-Marne | 95 Val-d'Oise |  
Oorsese départements (Départements d’outre-mer
971 Guadeloupe | 972 Martinique | 973 Frans-Guyana | 974 Réunion | 976 Mayotte  
Andere oorsese gebiede:  
Oorsese kollektiewe gebiede (Collectivités d’outre-mer
975 Saint-Pierre en Miquelon (collectivité territoriale) | Saint-Barthélemy (collectivité territoriale) | Saint-Martin (collectivité territoriale) | 986 Wallis en Futuna (territoire) | 987 Frans-Polinesië (pays d’outre-mer)  
Spesiaal statuut (Statut spécifique
Nieu-Kaledonië  
Onbewoonde gebiede (Territoires inhabités
Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede | Clipperton

Die administratiewe verdeling van Frankryk: Régions - Départements - Arrondissemente - Kantons - Communes