Frederik, Kroonprins van Denemarke

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Prins Frederik
Kroonprins van Denemarke
Frederik, die Kroonprins van Denemarke.
Frederik, die Kroonprins van Denemarke.
Volle naam Frederik André Henrik Christian
Eggenoot Mary, Kroonprinses van Denemarke
Kinders Christian
Isabella
Vincent
Josephine
Titels Graaf van Monzepat
Huis Sleeswyk-Holstein-Sonderburg-Glücksburg
Vader Henri de Laborde de Monpezat
Moeder Margrethe II
Gebore 26 Mei 1968; Kopenhagen

Frederik, die Kroonprins van Denemarke, Graaf van Monzepat (Deens: Frederik André Henrik Christian, Kronprins til Danmark, Greve af Monzepat; gebore 26 Mei 1968) is die troonopvolger van Denemarke. Frederik is die oudste seun van koningin Margrethe II en Henrik, die Prinsgemaal.

Doop en Naamgewing[wysig]

Frederik (links)

Sy peetouers sluit Prins Georg van Denemarke, Baron Maximilien de Wattevill-Berckheim, Graaf Etienne de Laborde de Monzepat, Koningin Anne-Marie van Griekeland, die Groothertogin Joséphine-Charlotte van Luxemburg en Mevrou Birgitta Juel Hillingsø in.

  • Frederik is vernoem na sy oupa van moederskant, Frederik IX, wat dus die koninklike tradisie navolg waar die troonopvolger hetsy Frederik of Christian genoem word.
  • André is vernoem na sy oupa van vaderskant, André de Laborde de Monzepat.
  • Henrik is vernoem na sy pa, Prins Henrik.
  • Christian is 'n algemene koninklike Deense naam, omrede die meeste Konings van Denemarke of Christian of Frederik is.

Opvoeding en loopbaan[wysig]

Op 14 Januarie 1972 het hy die nuwe Kroonprins van Denemarke geword geword toe sy ma, Margrethe II, die troon bestyg het.

Die Kroonprins het die grondslagfaseskool by Krebs' Skole gedurende 1974 - 1981 bygewoon, vanaf 1974-1976 as 'n privaatleerling by die Amalienborgpaleis.

Tale[wysig]

Die Kroonprins se moedertaal is Deens. Daarby praat Kroonprins Frederik ook vlot Frans, Engels en Duits.

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan: