Fyn lipvis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Fyn lipvis
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Labridae
Genus: Cirrhilabrus
Spesie: C. exquisitus
Binomiale naam
Cirrhilabrus exquisitus
Smith, 1957

Die Fyn lipvis (Cirrhilabrus exquisitus) is 'n vis wat in die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika voorkom vanaf Kenia tot by Park Rynie. In Engels staan die vis bekend as die Exquisite wrasse.

Voorkom[wysig]

Die volwasse se kleure is kompleks; dit is 'n mengsel van kleure maar hulle het altyd 'n oogvormige kol net bokant die sylyn by die stert se basis. Die onvolwasse vis is bruin, rooierig-oranje tot pers met 'n wit kol op die snoet en swart kol op die stert se basis. Die vis word tot 11 cm groot.

Habitat[wysig]

Die vis leef in koraalriwwe in water wat 6 – 32 m diep is. Die mannetjie bewaar en verdedig 'n groot harem wyfies en vertoon baie helder kleure gedurende paartyd.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Eksterne skakel[wysig]