Gamtoosrivier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Gamtoosrivier
Die Gamtoosrivier.
Die Gamtoosrivier.
Oorsprong Sneeuberge, Oos-Kaap
Monding Indiese Oseaan
Gebied waardeur dit vloei Suid-Afrika
Lengte 500km

Die Gamtoosrivier is in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die rivier ontspring in die Sneeuberge bekend as die Kariegarivier, naby die kruising met die N9 nasionale pad vloei die Kariegarivier in die Beervleidam in. 'n Ander sytak, die Soutrivier, vloei ook in die dam in. Hiervandaan staan die rivier bekend as die Grootrivier en waar dit met die Kougarivier, 'n sytak, saamvloei word dit die Gamtoosrivier. Nou vloei die rivier deur die Gamtoosriviervallei op sy laaste tog van 50 km na die see om uit te mond naby Humansdorp in die Indiese Oseaan. Die rivier is bykans 500 km lank. (Hierdie Grootrivier moet nie verwar word met die Grootrivier wat 'n sytak is van die Gouritsrivier nie).

Die Gamtoosvallei word intensief besproei. Die rivier vloei verby Steytlerville as die Grootrivier en by Patensie en Hankey as die Gamtoos. Die Kougadam is in die Kougarivier geleë.[1][2]

Verwysings[wysig]

  1. Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4
  2. Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Eric Rosenthal. 1967.