Gansbaai

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Gansbaai
Die "Danger Point" ligtoring, naby Gansbaai.
Die "Danger Point" ligtoring, naby Gansbaai.
Ligging van Gansbaai op 'n kaart (Wes-Kaap)
Gansbaai
Gansbaai
Koördinate: 34°34′58″S 19°21′8″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distriksmunisipaliteit Overberg
Plaaslike Munisipaliteit Overstrand
Oppervlak
 - Stad 12,2 km²  (4,7 vk m)
Bevolking (2001)
 - Stad 6 969
 - Digtheid 571,2/km² (1 479,4/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 7220
Skakelkode(s) 028
Gedenkplaat wat die sink van die Birkenhead gedenk.

Gansbaai is 'n klein dorpie in die Wes-Kaap, Suid-Afrika sowat 40 km vanaf Hermanus. Dit lê in dieselfde baai as Hermanus (Walkerbaai), bekend vir sy walvisse wat vanaf Junie tot November gesien kan word. Die naam is afkomstig van die wilde ganse wat volop in die omgewing was. Die name van die vistreilers wys die verbintenis: Berggans, Sneeugans, Stormgans, Vleigans en Wildegans.

Geskiedenis[wysig]

Die dorp se ontstaan gaan saam met die HMS Birkenhead wat 1852 by Danger Point vergaan het. 'n Paar van die oorlewendes het hulle hier gevestig en 'n sukkelbestaan gevoer. Die groot probleem was die groot afstande na die vismark. Daar het verligting gekom tydens die Tweede Wêreldoorlog toe die vraag na vitamien A groot was. Die vaalhaai, wat volop was in Gansbaai, is 'n bron van dié vitamien en 'n verwerkingsfabriek is gebou. Na die oorlog het die aanvraag gedaal en die vissers het weer 'n sukkelbestaan gevoer. In 1952 het die skoolhoof, JR Barnard, gehelp met die vestiging van 'n koöperatiewe vissery. Markte is gevind vir haaivleis en die haaivinne is uitgevoer na die Verre Ooste. Die hawe is ook groter gemaak en 'n vismeelfabriek is in 1963 gebou.

Gansbaai het in die 1960's 'n gewilde ongerepte vakansie bestemming gehad met minimale dienste en grondpaaie.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Koördinate: 34°35′S 19°21′O