Geelsee

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Geel See)
Spring na: navigasie, soek
Die Geelsee

Die Geelsee (Koreaans: 황해, Sjinees: 黄海) is 'n see wat deel uitmaak van die Oos-Sjinese See en tussen Sjina in die weste en Korea in die ooste geleë is. Dit word omring deur die Volksrepubliek van Sjina, Noord- en Suid-Korea. In Korea word die Geelsee soms ook die Westelike See genoem. Die noordelike deel van die see, wat deur die Volksrepubliek van Sjina omring word, word die Bohaisee genoem, en tussen Sjina en Noord-Korea staan dit as Koreabaai bekend.

Die oppervlakte daarvan is ongeveer 380 000 km2. Belangrike stede wat aan die see geleë is, is Gunsan en Incheon in Suid-Korea en Qingdao in die Volksrepubliek van Sjina.

Die Geelsee is een van vier seë wat in Afrikaans na kleure vernoem is - die ander is die Rooi-, Swart- en Witsee. Die naam kom van die geel sand wat deur winde van die Gobiwoestyn oor die see verstrooi word en van geel sediment wat die Geelrivier oor die Bohaisee die see inbring.