Geelbek

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Geelbek
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Suborde: Percoidei
Familie: Sciaenidae
Genus: Atractoscion
(Gill, 1862)[1]
Spesie: A. aequidens
Binomiale naam
Atractoscion aequidens
(Cuvier, 1830)[2][3]
Sinonieme
  • Atractoscion stelodus (Günther, 1867)
  • Otolithus aequidens (Cuvier, 1830)
  • Otolithus atelodus (Günther, 1867)
  • Otolithus teraglin (Macleay, 1880)[4]

Die Geelbek (Atractoscion aequidens) is 'n seevis wat aangetref word vanaf Tafelbaai al langs KwaZulu-Natal se kus tot by die suide van Mosambiek. Die vis word ook aangetref aan die weskus van Afrika, vanaf die Golf van Guinea tot by Angola. Die vis word ook aangetref in Australië waar dit bekend staan as teraglin.

Voorkoms[wysig]

Die binnekant van die bek en die kieudeksel is geel. Die stert is konkaaf en die vis is silwer terwyl die rug 'n koperkleurige skynsel het. Die pens is wit. Die vis word tot 1.2m lank en weeg dan 11.2 kg. Die IGFA rekord is 14.9 kg wat by Algoabaai gevang is.

Habitat[wysig]

Hulle kom voor in water wat 15 – 50 m diep is oor sanderige bodems, rotsriwwe en naby wrakke. Die onvolwasse vissies word soms in strandmere gevind. Die vis leef in skole wat hulle onderhewig maak aan oorbenutting. Hulle eet maasbankers, makriel en sardyne. Die volwasse visse migreer gedurende die lente vanaf die Wes- en Oos-Kaap tot by die kus van KwaZulu-Natal om te broei. Die vis moet nie verwar word met die Geelstert nie. Dit is 'n waardevolle eetvis.

Sien ook[wysig]

Eksterne skakel[wysig]

Bronne[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Gill T. N., 1862. Note on the sciaenoids of California. Proc. Acad. Nat. Sci. Phila. v. 14. 16-18.
  2. BioLib (en)
  3. Cuvier, G. & A. Valenciennes. 1830. Histoire naturelle des poissons. Tome cinquième. Livre cinquième. Des Sciénoïdes. Hist. Nat. Poiss. v. 5: i-xxviii + 1-499 + 4 pp., Pls. 100-140.
  4. Catalogue of Life (en)