Gelnhausen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Gelnhausen
Die Obermarkt-markplein
Die Obermarkt-markplein
Official seal of Gelnhausen
Seël
Bynaam: Barbarossastadt

Ligging in die deelstaat Hesse
Ligging in die deelstaat Hesse
Ligging van Gelnhausen op 'n kaart (Duitsland)
Gelnhausen
Gelnhausen
Ligging in Duitsland
Koördinate: 50°12′N 09°12′O
Land Vlag van Duitsland Duitsland
Deelstaat Hesse
Administratiewe streek Darmstadt
Administratiewe distrik Main-Kinzig-Kreis
Stigting 1170
Regering
 - Burgemeester Thorsten Stolz (SPD)
Oppervlak
 - Stad 45,18 km²  (17,4 vk m)
Hoogte 159 m (522 vt)
Bevolking (31 Desember 2012)
 - Stad 21 912
 - Digtheid 485/km² (1 256,1/myl2)
Tydsone MET (UTC+1:00)
 - Somer (DST) MEST (UTC+2:00)
Poskode 63571, 63589 (Tannengrundhof)
Skakelkode(s) 06051
Webwerf: www.gelnhausen.de

Gelnhausen is die administratiewe setel van die distrik Main-Kinzig-Kreis van die Duitse deelstaat Hesse. Die stad, wat halfpad tussen Frankfurt am Main en Fulda aan die oostelike rand van die Ryn-Maingebied geleë en in 1170 deur keiser Frederik I - ook bekend as Barbarossa of "Rooibaard" - gestig is, dra die bynaam Barbarossastadt.

Gelnhausen staan veral bekend vir sy Kaiserpfalz ("Keiserpalts"), 'n kasteelagtige paleiskompleks wat as een van die eerste geboue ná die stadstigting voltooi is. Die Barbarossaburg, soos die kasteel ook genoem word, is oorspronklik te midde van die Kinzigrivier as waterkasteel op 12 000 eikepale opgerig. Vandag word die Kaiserpfalz, wat in die middestad geleë is, as een van die bes bewaarde paleise uit die Staufertydperk beskou.[1]

Verwysings[wysig]

  1. Markus Berger: Freizeitführer Südhessen. Gudensberg-Gleichen: Wartberg 2013, bl. 80-83