Gembloers

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Gembloers
Gembloux / Djiblou
Die kloktoring en markplein
Die kloktoring en markplein
Vlag van Gembloers
Vlag
Wapen van Gembloers
Wapen
Ligging van Gembloers in die provinsie Namur
Ligging van Gembloers in die provinsie Namur
Koördinate: 50°34′00″N 4°42′00″O
Land Vlag van België België
Gewes (deelstaat) Flag of Wallonia.svg Wallonië
Provinsie Flag province namur.svg Namur
Regering
 - Burgemeester Benoît Dispa (Bailli)
Oppervlak
 - Munisipaliteit 95,86 km²  (37 vk m)
Bevolking (1 Januarie 2011)
 - Munisipaliteit 23 705
 - Digtheid 247/km² (639,7/myl2)
Poskode 5030, 5031, 5032
Skakelkode(s) 081
Webwerf: www.gembloux.be

Gembloers (Frans: Gembloux, Wallonies: Djiblou) is 'n Belgiese stad en munisipaliteit in die Waalse provinsie Namur met 'n oppervlakte van 96 km² en ongeveer 24 000 inwoners (2011). Die bevolkingsdigtheid is 247 inwoners per km².

Ekonomie en onderwys[wysig]

Die stad staan bekend vir sy mesfabriek en sy Universitêre Fakulteit Landbouwetenskappe. Die Belgiese sportmotorvervaardiger Gillet het sy hoofkwartier in Gembloers.

Argitektuur[wysig]

Die kloktoring van Gembloers het in 2005 die UNESCO se wêrelderfenisstatus verkry en is sodoende by die bestaande lys van Vlaamse, Waalse en Noord-Franse kloktorings gevoeg.

Geskiedenis[wysig]

Tydens die Middeleeue het die gebied van Gembloers 'n graafskap onder die heerskappy van die plaaslike abdy gevorm. Die gebouekompleks, wat tans die Fakulteit Landbouwetenskappe huisves, het vroeër deel uitgemaak van die Benediktynse abdy van Gembloers.

In die eerste Slag van Gembloers het Spaanse troepe die leër van die Nederlandse State-Generaal verpletter. In die tweede Slag van Gembloers van 1940 het Franse troepe, waaronder ook skutters van Senegal en Marokko, tydens die Tweede Wêreldoorlog teen die Duitsers geveg.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Gembloers (kategorie)