Genadendal

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Genadendal
Ligging van Genadendal op 'n kaart (Wes-Kaap)
Genadendal
Genadendal
Koördinate: 34°2′0″S 19°33′0″O Koördinate: 34°2′0″S 19°33′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distriksmunisipaliteit Overberg
Plaaslike Munisipaliteit Theewaterskloof
Tydsone SAST (UTC+2)
Die Morawiese kerk op Genadendal
Die Morawiese Sendingmuseum op Genadendal
Sendingstasie te Genadendal (c.1849) deur George French Angas

Genadendal is 'n dorp in die Wes-Kaap (Suid-Afrika). Dit is amper anderhalf uur van die Kaap af op die platteland in die Overbergstreek.

Geskiedenis[wysig]

Genadendal was die eerste sendingstasie in suidelike Afrika. Die Duitse sendeling Georg Schmidt is in 1737 deur die Morawiese Sendinggenootskap gestuur om die evangelie aan die Khoikhoi te verkondig. Genadendal is in 1738 gestig nadat Schmidt hom op 23 April 1738 in die Baviaanskloof gevestig het soos die dorp eers bekend was. In 1806 is die naam verander na Genadendal.

Die inwyding van die eerste Kerkgebou het plaasgevind op Witte Donderdag 1796. Hierdie kerkgebou was van die begin af te klein. Die inwyding van die nuwe kerk het plaasgevind op 18 Januarie 1800. Aangesien die kerkgebou later bouvallig begin raak het, is besluit om 'n nuwe en groter kerk, wat 1400 mense sou kan huisves, op te rig. Op 12 Oktober 1891 kon die hoeksteen van die nuwe kerk op die gebruiklike wyse gelê word. Na 'n anderhalf jaar is die bouwerk voltooi en op 14 Maart 1893 is 'n aandseën gehou.

In 1831 is 'n skool gebou. In 1837 is op Genadendal die eerste opleidingskool vir onderwys in die hele Suid-Afrika begin. In dieselfde gebou kan 'n mens vandag die Morawiese Sendingsmuseum vind.

1859 is 'n drukkery gestig. 1860 het hulle die eerste uitgawe van "De Bode van Genadenthal" gedruk en uitgegee. 1861 is ook nog die "Kindervriend" uitgegee.

Die Morawiese Sendingsmuseum en die historiese kerkplein is op die werf. Nelson Mandela het die woning van die Suid-Afrikaanse president in Kaapstad in 1995 van Westbrooke na Genadendal herdoop. Op 10 Oktober 1995 het president Mandela Genadendal besoek.

Genadendal is die begin en die endpunt van 'n staproete wat oor twee dae strek. Die eerste dag begin op die werf en gaan oor 14,3 km na Robertson toe. Op Robertson word oorgeslaap. Terug gaan dit oor 11 km weer Genadendal toe. Stappers kan oor die vallei van die Riviersonderend en oor die Klein Karoo uitkyk.

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]