Genesis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Genesis (boek))
Spring na: navigasie, soek
Bladsy van die nuuste Nederlandse bybelvertaling

Genesis (Grieks Γένεσις = ontstaan ; Hebreeus בראשית beres'jiet = in die begin ) is die eerste boek van die Hebreeuse Bybel. Die boek vertel van die begin van die heelal, die mens, die sonde en die volk Israel:

In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef.

Hooftrekke van die boek[wysig]

  • Die skepping 1:1-2:4
  • Die sondeval 2:4-3:23
  • Adam se nageslag tot op Noag 4:1-6:8
  • Noag en die sondvloed 6:9-9:29
  • Die mense word meer en versprei oor die aarde 10:1-11:32
  • Abraham 12:1-25:18
  • Isak en sy twee seuns Jakob en Esau 25:19-36:43
  • Josef en sy broers 37:1-45:28
  • Jakob en sy nageslag in Egipte 46:1-50:26

Bronne[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Genesis (kategorie)