Gentoo Linux

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Gentoo
Webwerf: www.gentoo.org
Maatskappy/
ontwikkelaar:
Gentoo Foundation
Bedryfstelsel-familie: Linux
Bronkodemodel: Vrye en Oopbron Sagteware
Paketbestuurder: Portage
Platforms wat ondersteun word: IA-32, x86-64, IA-64, PA-RISC; PowerPC 32/64, SPARC 64-bit, DEC Alpha, ARM
Kerntipe: Monolitiese kernel
Lisensie: GPL

Gentoo Linux is 'n Linux verspreiding wat ontwerp is om vinnig te wees, maklik om in stand te hou, en om geoptimiseer te wees vir die gebruiker se rekenaar. Meeste, indien nie alle, programme word gebou vanaf die bronkode, in teenstelling tot meeste ander verspreidings wat slegs vooraf-geboude pakette beskikbaar stel. Sekere groter sagteware pakette, soos OpenOffice.org en Mozilla Firefox word egter ook beskikbaar gemaak as vooraf-geboude weergawes vir sekere argitekture, as gevolg van die lang tyd wat dit neem vir hierdie pakette om vertaal te word. Om sagteware te installeer word die Portage sisteem gebruik, wat spesifiek vir Gentoo ontwerp is.