Georgius Gerardus Ohrig

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Georgius Gerardus Ohrig (29 Augustus 1806, Amsterdam20 Junie 1852) was 'n Nederlandse handelaar van die handelshuis Klijn en Co. uit Amsterdam wat die Voortrekkers goedgesind was en verskeie pogings aangewend het om handelsbetrekkinge tussen Nederland en die Trekkers aan te knoop.[1][2]

In Maart 1842 kom hy saam met Johan Arnold Smellekamp met 'n skoener in Port Natal waarna Smellekamp na Pietermaritzburg reis om met die Volksraad van Natalia te ontmoet. Dit lei tot 'n mislukte poging om die Natalia Republiek as 'n kolonie aan die Nederlandse Koning aan te bied. [3]

Ohrigstad, oorspronklik Andries-Ohrigstad wat in Junie 1845 deur Hendrik Potgieter gestig is is na Ohrig vernoem. [2][4]

Verwysings[wysig]

  1. Gysbers & van Loon: Oude- en Zeldzame Boeken - Old & Rare Books, Besoek op 6 April 2007
  2. 2,0 2,1 Die Groot Trek, Die Groot Trek 1834 tot 1840 Deel 1, Besoek 5 April 2007
  3. The Great Trek — Natalia, Besoek op 6 April 2007
  4. Zuid Afrikaansche Republiek (Eerste Republiek), Besoek op 6 April 2007