Gewone sterretjie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Gewone sterretjie
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Charadriiformes
Familie: Sternidae
Genus: Sterna
Spesie: S. hirundo
Binomiale naam
Sterna hirundo
Linnaeus, 1758

Die Gewone sterretjie of Gewone seeswael (Sterna hirundo) is 'n voël wat aan die hele kuslyn van Suid-Afrika voorkom. In Engels staan die voël bekend as die Common tern.

Voorkoms[wysig]

Die Gewone sterretjie is 'n mediumgrootte grys voël met 'n wit onderkant en 'n swart mus. Die snawel word rooi met 'n swart punt gedurende broeityd. Die voël lyk amper soos die Arktiese sterretjie (Sterna paradisaea) maar die pote en snawel is langer.

Habitat en gewoontes[wysig]

Die voël vang vis aflandig en slaap op strande en riviermondings. Dit is 'n groepsvoël en word aangetref in die geselskap van meeue en ander sterretjies. Hulle broei in Europa of noordelike Asië en arriveer in die Suidelike Halfrond in die lente en somer.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. BirdLife International (2004). Sterna hirundo. 2006 IUBN-rooilys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2006. Verkry op 11 Mei 2006.