Gewone tarentaal

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Gewone tarentaal
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Galliformes
Familie: Numididae
Genus: Numida
Linnaeus, 1766
Spesie: N. meleagris
Binomiale naam
Numida meleagris
Linnaeus, 1758
Verspreiding word in groen aangedui.
Verspreiding word in groen aangedui.
Numida meleagris

Die Gewone tarentaal (Numida meleagris) is die bekendste van die tarentaal familie, Numididae. Dit is 'n waaksame voël wat in troppe rondloop en goed kan vlieg.

Verspreiding[wysig | wysig bron]

Die tarentaal is 'n algemene jagvoël en kom wyd verspreid voor in Afrika suid van die Sahara en Suid-Afrika. Hulle word aangetref tussen digte bosse vanaf die Oos-Kaap noordwaarts. Die kuifkop-tarentaal is 'n tropiese bewoner van KwaZulu-Natal en die Krugerwildtuin. Daar is ook populasies in die Wes-Indies en die suide van beide Frankryk en Engeland.

Tarentaal is ook nou vrylik beskikbaar in Britse supermarkte en word deur Gressingham Foods versprei. Die tarentale wat nou kommersieel verkrygbaar is word grotendeels in Engeland geteel.

Voorkoms[wysig | wysig bron]

Die amper kaal nek en plomp, wit-gespikkelde lyf op swart-grys vere is in Suid-Afrika goed bekend. Dit is 'n groot (60–68 cm) voël met 'n ronde liggaam en 'n klein kop.

Dieet[wysig | wysig bron]

Tarentale eet sade, wurms en insekte in bosagtige streke.

Ander name[wysig | wysig bron]

Van die streeksname vir die voël sluit in: bankrotvoël, kewerkonstabel, bylkop, poelpetaat, droëkopvoël en belhoender.[1]

  • Afrikaanse naam: Tarentaal
  • Wetenskaplike naam: Numida meleagris
  • Engelse naam: Helmeted Guineafowl
  • Nederlandse naam: Parelhoen
  • Portugese naam: Galinha-d'angola

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]

  1. Streek- en Volksname, besoek op 18 Oktober 2014