Giant's Castle

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Giant's Castle
Ligging: KwaZulu-Natal, Suid-Afrika
Hoogte: 3315 meter
Reeks: Drakensberge
Koördinate: 29°20′0″S 29°29′0″O Koördinate: 29°20′0″S 29°29′0″O
Giant's Castle in 3D

Giant's Castle is 'n bergpiek in die Noordelike Drakensberge van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Giants Castle bied besoekers aan die streke stapgeleenthede met 'n besonderse panoramiese uitsig. Die Natuureservaat bied afgeleë akkommodasie, Boesmanrotskuns met maklike toegang vir almal, en die beste basis om 'n Drakensberg-stapervaring vanaf te begin. Die gebied is een van Suid-Afrika se avontuurgebiede, en speel gasheer vir die reuse-uitdaging bergfiets marathon in April elke jaar.

Giant's Castle lê aan die suidelike punt van die sentrale Drakensberg en kry sy naam van die omtrek van die berge en platorand wat kombineer om soos die profiel van 'n slapende reus te lyk. Dit is in wese 'n grasplato wat onder die diep dale van hierdie deel van die Drakensberg nestel.

Giants Castle Wildreservaat word beskou as die tuiste van die eland sowel as die baardaasvoël. Nog 'n Giants Castle hoogtepunt is die wonderlike Boesmanrotskuns by die hoofgrotte wat maklik is om te vind en goed aangebied is.

Voorheen was die bekende Lammergeiersteek oop vir besoekers om die baardaasvoëls en ander bedreigde voëlspesies te sien. Hierdie fasiliteit het sedertdien verval.