Giora Epstein

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Giora Epstein / Giora Even
Gebore 1938
Giora Epstein

Giora Even, skets van Jay Ashurst

Bynaam(e) Hawkeye
Lojaliteit Vlag van Israel Israel
Diens/Tak Israel Air Force Flag.svg Israeliese Lugmag
Jare in diens 1956–98
Rang Aluf Mishne
Ander werk vlieënier

Kolonel Giora "Hawkeye" Epstein (Hebreeus: גיורא אפשטיין‎) (gebore 1938) is 'n afgetrede Israel Lugmag kolonel wat volgens beskikbare inligting meer straalvliegtuie afgeskiet het as enige ander vlieënier in die Arabies-Israel konflikte.

Epstein het 17 straalvliegtuie, almal Egipties, afgeskiet. Die algemeen aanvaarde wêreldrekord ("ace of aces") vir straalvliegtuig teen straalvliegtuig gevegte is 21, deur Nikolay Sutyagin.

Epstein was 'n aktiewe Israel Lugmag vlieënier van 1963 tot 1998, toe hy afgetree het. Hy het soos baie afgetrede Israel Lugmag vlieëniers, daarna vir die El-Al lugdiens gewerk.

Vroeë loopbaan[wysig]

Epstein sluit aan by die Israel Weermag in 1956 tydens die Suez-oorlog. Hy word nie toegelaat tot die vliegskool nie, weens 'n hartdefek en word as 'n valskermsoldaat opgelei. Epstein verlaat die weermag in 1959. Twee jaar later doen hy weer aansoek by die vliegskool.

Na hy aanvaar is begin hy met vlieënieropleiding. Weens sy besonder goeie sigvermoë word hy die bynaam "Valkoog" gegee. Dit word beweer dat Epstein oor die vermoë beskik het om 'n vliegtuig vier en twintig myl ver te kon waarneem, ongeveer drie keer verder as die gemiddelde vlieënier.

Oorwinnings: 1967-1973[wysig]

Epstein se eerste vliegtuig skiet hy af op 6 Junie 1967 (gedurende die Sesdag-oorlog), toe hy 'n Egiptiese Sukhoi-7 by El Arish afskiet. Gedurende die Uitputtingsoorlog in 1969-1970, skiet Epstein 'n MiG-17, nog 'n Sukhoi-7 en twee MiG 21s af. Die res van die vliegtuie wat hy afskiet het was gedurende die 1973 Jom Kipoer-oorlog. Oor die verloop van drie dae (18-20 Oktober 1973), skiet hy 'n Mi-8 helikopter en agt vegvliegtuie: twee Sukhoi-7s, twee Sukhoi-20s en vier MiG 21s, af. Op 24 Oktober 1973, skiet Epstein nog drie MiG-21s af.

Agt van die oorwinnings behaal Epstein agter die kontroles van die Frans vervaardigde Mirage III, 'n delta vlerk vegvliegtuig wat ontwerp is as 'n onderskepvliegtuig. Sy nege ander oorwinnings was in 'n IAI Nesher, 'n Israeli-vervaardigde weergawe van die Mirage V.

Latere loopbaan en aftrede[wysig]

Na die Yom Kippur-oorlog, ontvang Epstein die Medal of Ideal, een van Israel se hoogste militêre eerbewyse. Hy was later die bevelvoeder van Mirage en Kfir eskaders. Epstein het missies in die F-16 gevlieg tot sy 60ste verjaarsdag. Na sy aftrede by die Israel Lugmag het hy as vlieënier vir die El-Al lugdiens gewerk.

Epstein was die primêre fokus van die "Desert Aces" episode van die History Channel se reeks Dogfights. Die episode word die eerste keer uitgesaai op 10 Augustus 2007.

Eksterne skakels[wysig]