Giorgio Vasari

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Giorgio Vasari
Selfportret
Selfportret
Geboorte 30 Julie 1511; Arezzo, Toskane
Afsterwe 27 Junie 1574; Florence, Italië

Giorgio Vasari (1511 - 1574) was 'n Italiaanse skilder, argitek en een van die eerste kunsgeskiedkundiges.

In sy eie tyd was Vasari bekend vir sy kunswerke wat hy vir die kerke in Florence geskep het, alhoewel hy vandag veral bekend is vir sy Vite, wat naas Karel van Mander se Schilderboek steeds as een van die belangrikste biografiese bronne van kunstenaars uit Renaissance beskou word. Die boek se volledige titel is Vite de' più eccellenti architetti, pittori, et scultori italiani, da Cimabue insino a' tempi nostri ("Lewens van die uitmuntendste Italiaanse argitekte, skilders en beeldhouers, van Cimabue tot ons tyd).