Gloster Gauntlet

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Gloster Gauntlet
Gloster Gladiator 1.jpg
Gloster Gladiator in vlug
Tipe Vegter
Vervaardiger Gloster Aircraft
Ontwerp deur Gloster Aircraft
Nooiensvlug 1933
Bekendstelling 1935
Onttrek 1943
Hoofgebruiker Britse Lugmag
Finland
Denemarke
Vervaardig 1933–1936
Aantal gebou 246
Ontwikkel van Gloster S.S.19B
Weergawes Gloster Gladiator

Die Gloster Gauntlet was 'n enkelsitplek, dubbeldekker vegvliegtuig wat deur die Britse Lugmag (Royal Air Force) in die 1930's gebruik is. Dit was die laaste RAF vegvliegtuig wat 'n oop kajuit gehad het en die tweede laaste dubbeldekker wat aktiewe diens gedoen het in die RAF.

Die Gloster SS.18 se eerste vlug het in Januarie 1929 plaasgevind. Dit is uit die Gloster S.S.19B ontwerp ontwikkel. Die S.S.19 prototipe het 'n nuwe enjin, 'n Bristol Mercury VIS gebruik en vir die eerste keer in die vorm gevleig in 1933.[1] Nadat die S.S.19 deur die Minsiterie vir Lugvaart getoets is, is 'n bestelling vir 24 vliegtuie in September 1933 geplaas. Die vliegtuie sou as die "Gauntlet" bekend staan.[1] Die aanvanklike bestelling is gevolg deur bestellings vir die aangepaste Gauntlet Mk. II. Die nuwe model het 'n opgedateerde konstruksie tegniek gebruik gegrond op dié wat vir die Hawker gebruik is nadat Hawker Gloster oorgeneem het aangesien dit baie makliker was om die Gloster se gesweisde struktuur te bou en hesrstel.[1] 'n Totaal van 204 Mk IIs is in die Verenigde Koninkryk vervaardig.

Operasionele Diens[wysig]

Gloster Gauntlet van die Finse lugmag

Die Gauntlet Mk. I het vir die eerste keer dien gedoen in die No. 19 Eskadron by RAF Duxford in Mei 1935. Die Gauntlet was suksesvol en gewild met 'n wye werkverrigtingspeling in vergelyking met die vliegtuie wat dit vervang het soos die Bristol Bulldog wat 56 mph stadiger as die Gauntlet was.[1] Die vliegtuig het dan ook die hoof komponent van die RAF se vegvliegtuigvermoeë geword. Die Gauntlet was van 1935 tot 1937 die vinnigste RAF vliegtuig.[2]

In Mei 1936 is die Gauntlet Mk II deur 56 Eskader en 111 Eskader ingebruik geneem. Teen die einde van 1936 is nog ses eskaders met die Gauntlet hertoegerus.[1] Teen die kruin van die vliegtuig se loopbaan was 'n totaal van 14 Eskaders met Gauntlets uitgerus.[2] 32 Eskader Gauntlets is in vroeë proefvlugte vir grondbeheer van vergvliegtuie deurmiddel van radar gebruik.[1]

Soos meer gevordede vegvliegtuie soos die Gloster Gladiator, Hawker Hurricane en Supermarine Spitfire begin gebruik is om Gauntlet eskaders heruit te rus in 1936 en 1937, is die oortollige Gauntlets na nuut gevormde eenhede aangestuur as hulle eerste toerusting wat hulle toegelaat het om opleiding te ondergaan voor meer moderne vliegtuie gebruik is. Gauntlets is ook na die Middeooste gestuur waar drie RAF eskaders dit gebruik het.

Teen die begin van die Tweede Wêreldoorlog is alle Britse tuis eskaders met meer moderne vliegtuie uitgerus. In die Middeooste het die vliegtuie egter langer in gebruik geblyin No.3 Eskader van die Royal Australian Air Force (RAAF) toe Italië in 1940 oorlog verklaar het. Dié is vlugtig vir grondaanvalle teen die Italianers gebruik[3] voor dit weens onderhoudprobleme uit diens ontrek is. Gauntlets is steeds vir meteorologiese vlugte gebruik tot 1943.[1]

Sewentien Gauntlets IIs is onder lisensie in Denemarke vervaardig. Na die uitbreek van die Winteroorlog tussen Finland en die Sowjetunie het die Unie van Suid-Afrika 29 Gloster Gauntlet opleidingsvliegtuie by die R.A.F. gekoop en aan Finland geskenk. Slegs 25 is van Engeland gestuur en slegs 24 is lugvaardig gemaak. Die vliegtuie is na Göteborg in Swede verskeep en by Centrala Flygverkstaden in Malmslätt aanmekaargesit. Die eerste twee 2 arriveer op 10 Maart 1940 in Finland, nog 3 op 3 April, 4 op 12 April. Die res is na Finland verskeep en 15 kom tussen 16 en 17 Mei by LeV aan.[4][5][6]

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 Mason 1992
  2. 2,0 2,1 Thetford 1957.
  3. Herington, John. Australia in the War of 1939–1945. Series 3 – Air, Volume III – Air War Against Germany and Italy, 1939–1943, First Edition (Australian Official Histories – Second World War). Canberra: Australian War Memorial, 1957. [1] Access date: 3 April 2007 Note: Chapter 3, First Libyan Campaign.
  4. Virtual Pilots, The last Gloster Gauntlet "GT-400" still flies in the Finnish skies, Besoek op 29 Julie 2007
  5. Backwoods Landing Strip - Finnish Air Force Aircraft, [2], Besoek op 29 Julie 2007
  6. Mondey, David. The Hamlyn Concise Guide to British Aircraft of World War II. London: Aerospace Publishing,1994. ISBN 1-85152-668-4.