Gobabis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Gobabis
Gobabis in 2005
Gobabis in 2005
Wapen van Gobabis
Wapen
Slagspreuk: "Ex Oriente Lux"
(Uit die Ooste verskyn daar lig)
Ligging van Gobabis op 'n kaart (Namibië)
Gobabis
Gobabis
Koördinate: 22°26′S 18°58′O
Land Vlag van Namibië Namibië
Streek Omaheke
Stigting 1856
Regering
 - Burgemeester Sila Bezuidenhoudt[1]
Hoogte 1 440 m (4 724 vt)
Bevolking (2011)
 - Stad 19 100

Gobabis is 'n dorp in die ooste van Namibië en die hoofsetel van Omaheke met 'n geskatte inwonertal van 19,100. Die burgemeester is Sila Bezuidenhoudt.

Ekonomie[wysig]

Die voortgesette groei van Gobabis is hoofsaaklik te wyte aan goedere wat vervoer word vanaf Botswana se myne na die Namibiese hawe van Walvisbaai, asook die invoer van verbruikersgoedere deur Namibië vanuit Gauteng in Suid-Afrika. Die vervoerroete wat bekend staan as die Trans-Kalahari-Grootpad, wat Namibië met Suid-Afrika en Mosambiek verbind, loop deur Gobabis in die rigting van Botswana. Gobabis is aan die Namibiese Spoorweë verbind. Die passasierstrein tussen Windhoek en Gobabis loop ongelukkig nie meer nie. Die dorp het twee hospitale, klinieke, banke en winkelsentrums.

Die Legare-stadion is in die dorp geleë.

Onderwys[wysig]

Gobabis is die tuiste van die Hoërskool Wennie du Plessis wat tot onafhanklikheid 'n Afrikaansmediumskool was. Toe die regering bepaal dat Engels leerders se onderrigtaal van gr. 4 af moet vervang, het dié skool noodwendig Engels geword. Afrikaanse ouers het daarom planne in werking gestel vir 'n privaatskool wat uitgeloop het op die opening van die Gobabis Gimnasium in Januarie 2000 met 67 leerders van gr. 8 tot 11 en ses onderwysers. In Januarie 2002 het 122 leerders aangemeld en op 2 Desember 2004 is die skool geregistreer om onderwys aan te bied van gr. 1 tot 12. Laerskoolonderwys het amptelik in Januarie 2005 begin.[2]

Verwysings[wysig]

  1. "Four towns re-elect mayors", "The Namibian", NAMPA, 9 Desember 2013. (en)
  2. Geskiedenis van Gobabis Gimnasium

Eksterne skakels[wysig]

Koördinate: 22°27′22″S 18°57′14″O