Godfrey Khotso Mokoena

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Godfrey Khotso Mokoena

Godfrey Khotso Mokoena (gebore 6 Maart 1985 in Heidelberg) is 'n Suid-Afrikaanse atleet wat spesialiseer in die verspring en driesprong.

Mokoena het Suid-Afrika se eerste medalje tydens die Olimpiese Somerspele 2008 ingepalm. Hy het 'n silwer medalje verower toe hy 'n afstand van 8,24 m gespring het tydens die mans verspring finale.

Biografie[wysig]

Jeug[wysig]

Godfrey Khotso Mokoena is gebore in 'n gesin van twee kinders. Sy vader werk vir 'n internasionale tabakgroep en was een van die grootste Suid-Afrikaanse ver- en driesprongatlete wat talle nasionale junior- en seniorrekords verbeter het. Na sokker en basketbal kom Godfrey op 13-jarige leeftyd met atletiek in aanraking. Op skool word sy talente deur 'n onderwyser en afrigter, Elna de Beer opgemerk. Hy begin homself toespits op hoogspring en behaal hiermee in 2001 'n vyfde plek op die wêreld jeugkampioenskappe.

Mokoena studeer suksesvol af aan die Noord-Wes Universiteit in Potchefstroom waar hy verskeie groot atlete ontmoet.

Eerste suksesse[wysig]

Mokoena behaal sy eerste internasionale sukses in 2004 deur op die wêreldkampioenskappe vir juniors in Lissabon 'n goue medalje in driekamp te wen. Met 'n beste poging van 16,77m verslaan hy die Sjinees Zhu Shujing (silwer; 16,64) en die Oekraïnse atleet Viktor Kuznetsov (brons; 16,58). Hy wen ook tydens die kampioenskappe 'n silwer medalje vir verspring. Die jaar verteenwoordig hy ook Suid-Afrika op die Olimpiese Somerspele 2004 in Athene, maar sneuwel in die eerste rondtes met 'n beste poging van 16,23m.

Wêreldkampioenskappe en wêreldkampioen[wysig]

In 2005 behaal Godfrey Khotso Mokoena vir die eerste keer die finale op 'n wêreldkampioenskappe. Tydens die verspringfinale van die kampioenskappe in Helsinki verower hy 'n sewende plek met 8,11m. Twee jaar later op die 2007-wêreldkampioenskappe in Osaka verbeter hy sy posisie en behaal 'n vyfde plek met 8,19m.

Hy behaal sy eerste groot prestasie op 23-jarige leeftyd deur in 2008 in die Spaanse Valencia 'n Wêreldtitel te verower. Met 'n sprong van 8,06 eindig hy voor die Brit Chris Tomlinson (silwer; 8,08) en die Saoedi Mohamed Salman Al Khuwalidi (brons; 8,01).

Tydens 2009 Wêreldkampioenskappe in Berlyn, Duitsland spring hy 8.49m vir die 2de plek en silwer medalje.

Prestasies[wysig]

Jaar Geleentheid Plek Resultaat Item
2001 Wêreld Junior Kampioenskappe Debrecen, Hongarye 5de Hoogspring
2003 All-Afrika Spele Abuja, Nigerië 3de Vêrspring
2de Driesprong
2004 Wêreld Junior Kampioenskappe Grosseto, Italië 2de Vêrspring
1ste Driesprong
2006 Wêreld Binnenshuise Kampioenskappe Moskou, Sowjetunie 5de Vêrspring
Commonwealth Spele Melbourne, Australië 4de Vêrspring
2de Driesprong
Afrika Kampioenskappe Bambous, Mauritius 2de Vêrspring
2de Driesprong
2007 All-Afrika Kampioenskappe Algiers, Algerië 3de Vêrspring
Wêreld Kampioenskappe Osaka, Japan 5de Vêrspring
Wêreld Atletiekfinaal Stuttgart, Stuttgart 3de Vêrspring
2008 Wêreld Binnenshuise Kampioenskappe Valencia, Spanje 1ste Vêrspring
Olimpiese Somerspele 2008 Beijing, Sjina 2de Vêrspring
2009 Wêreld Kampioenskappe Berlyn, Duitsland 2de Vêrspring

Persoonlike beste[wysig]

  • Verspring - 8.39 m (2006) - nasionale rekord.[1]
  • Driesprong - 17.25 m (2005) - nasionale rekord.[1]
  • Hoogspring - 2.10 m (2001)

Verwysings[wysig]