Golden Gate

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Vir die Nasionale Park in Suid-Afrika, sien Golden Gate Hoogland Nasionale Park.

Die Golden Gate

Die Golden Gate (Afrikaans: "Goue Poort") is 'n seestraat met 'n lengte van sowat agt kilometer en 'n wydte van tussen 1,6 en drie kilometer, wat die Stille Oseaan met die San Franciscobaai (Kalifornië, Verenigde State) verbind. Die deurvaart is as gevolg van die groot verskil in waterhoogte tussen eb en vloed oor duisende jare en die water van die riviere Sacramento en San Joaquin geskep. Die bekende Golden Gate-brug oorspan die seestraat sedert die jaar 1930.

Die Golden Gate-brug

Die Golden Gate en sy omgewing verdwyn gedurende die somer dikwels in die newel, sodat die seestraat deur die vroeë Europese seevaarders nie ontdek is. Die Spaanse vlootoffisier Juan de Ayala was die eerste Europeër, wat op 5 Augustus 1775 deur die Golden Gate geseil het. Die Spanjaarde het die seestraat oorspronklik Boca del Puerto de San Francisco genoem, tog staan dit sedert die groot Kaliforniese goudstormloop van die jaar 1848 onder sy huidige naam bekend.

Destyds het duisende gouddelwers met hulle skepe deur die seestraat gevaar en daarna in die hawe van San Francisco anker gegooi. Aangesien die goudkoors welvaart en rykdom voorspel het, het die publiek die nuwe naam vinnig aanvaar. Die naam het 'n sinoniem vir die "toegang tot geluk" geword.