Golf van Bengale

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kaart wat die Golf van Bengale vertoon

Die Golf van Bengale of Baai van Bengale (Bengali: বঙ্গোপসাগর, Hindi: बंगाल की खाड़ी, Tamil: வங்காள விரிகுடா, Telugu: బంగాళాఖాతము) is 'n golf of baai wat deel uitmaak van die Indiese Oseaan en word omring deur die Maledive, Sri Lanka, Indië, Bangladesj, Mianmar, Thailand, Maleisië en Indonesië. Die oppervlakte daarvan is ongeveer 2 172 000 km² en die Golf van Bengale word as die grootste golf ter wêreld beskou. Die Golf van Bengale word deur die eilande Sri Lanka en Sumatra van die Indiese Oseaan geskei.

Die oostelike deel van die see, geleë tussen Mianmar en Thailand, word die Andamanse See genoem.

Grote stede aan die Golf is Chennai, Kalkutta en Yangon en die belangrikste riviere wat in die see uitmond is die Brahmaputra en die Ganges.