Golf van Gabes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Satellietfoto van die Golf van Gabes

Die Golf van Gabes, in antieke tye Klein Syrtis genoem, is 'n golf aan Tunisië se oos kus in die Middellandse See]. Die golf is 100 kilometer lank en wyd, met die Kerkenaeilande aan die noordooste en Djerbaeiland in die suidooste. Dit het 'n groot getyverloop, 2,5 meter tydens springgety. Die stad Gabès, wat 'n ekonomiese en administratiewe sentrum is, is in die golf geleë. Gabès en Sfax, nog 'n belangrike hawe port in die golf, het spons en tuna visserye.