Goudkoester

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Goudkoester
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Passeriformes
Familie: Motacillidae
Genus: Tmetothylacus
Cabanis, 1879
Spesie: T. tenellus
Binomiale naam
Tmetothylacus tenellus
(Cabanis, 1878)

Die Goudkoester (Tmetothylacus tenellus) is 'n voël en swerwer uit Oos-Afrika na oop, droë boomveld en savanne. Die voël is minder as 10 keer in Suid-Afrika opgeteken. Almal was mannetjies en dit was elke keer in die somer. Die voël is 15 cm groot en weeg 20 gram. In Engels staan die voël bekend as die Golden Pipit.

Die voël is die enigste spesie wat aan die genus Tmetothylacus behoort. Al die ander koesters behoort aan die genus Anthus, wat ook onder die familie Motacillidae en die orde van sangvoëls ressorteer.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. BirdLife International (2012). “Tmetothylacus tenellus”. IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. URL besoek op 16 Julie 2012.