Govan Mbeki

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Govan Archibald Mvuyelwa Mbeki
Gebore 9 Julie 1910
Suid-Afrika
Oorlede 30 Augustus 2001
Suid-Afrika
Bekend vir Anti-apartheidsaktivis
Huweliksmaat Epainette Mbeki
Kind(ers) Thabo Mbeki
Moeletsi Mbeki

Govan Archibald Mvuyelwa Mbeki (9 Julie 1910 - 30 Augustus 2001) was 'n Suid-Afrikaanse politikus, en pa van die voormalige Suid-Afrikaanse president Thabo Mbeki en die politieke ekonoom Moeletsi Mbeki. Hy is vernoem na Edward Govan, 'n Skotse sendeling wat die Lovedale-kollege gestig het, waar hy dan ook skoolgegaan het.[1]

Hy was saam met Nelson Mandela die medestigter van die ANC-Jeugliga (ANCYL), die jeugorganisasie van die ANC.

Sy seun, Thabo Mbeki was die president van Suid-Afrika tussen 1999 en 2008.

Die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit is na hom vernoem.

Verwysings[wysig]

  1. "The Gov'nor", Financial Times (London), 14 Junie 2001.