Greg Minnaar

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Greg Minnaar tydens die Val d'Isère (2012 Wêreldbeker, 6de rondte)

Greg Minnaar (*13 November 1981, Pietermaritzburg), is ’n Suid-Afrikaanse veldwedren-ryer. Hy het sy naam in die rekordboeke verewig tydens die 2003 Wêreldkampioenskap wat hy gewen het. Hy was driekeer die Bergaf-wêreldkampioen in die Bergfietswêreldbeker (in 2001, 2005 en 2008).

Tydens die 2012 Wêreldkampioenskap wen Greg die Wêreldtitel vir die tweede keer in Leogang, Oostenryk. Hy wen sy derde Wêreldkampioenskap in 2013 in sy tuisdorp, Pietermaritzburg.