Greytown

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Greytown
Ligging van Greytown op 'n kaart (KwaZulu-Natal)
Greytown
Greytown
Koördinate: 29°4′0″S 30°35′0″O Koördinate: 29°4′0″S 30°35′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie KwaZulu-Natal
Distriksmunisipaliteit uMzinyathi
Plaaslike Munisipaliteit uMvoti
Stigting 1848
Vernoem na George Edward Grey
Oppervlak
 - Dorp 4,75 km²  (1,8 vk m)
Hoogte 1 015 m (3 330 vt)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 9 090
 - Digtheid 1 913/km² (4 954,6/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 3250
Webwerf: www.greytown.co.za

Greytown is 'n dorp in die ooste van Suid-Afrika, in die provinsie KwaZulu-Natal. Die dorp lê aan die Mvotirivier en is die geboorteplek van genl. Louis Botha.

Geskiedenis[wysig]

Die dorp is in 1850 uitgelê op 'n plaas wat van L.J. Nel gekoop is. Die inwoners wou die dorp eers Pretorius noem ter ere van Andries Pretorius maar die Natalse regering het aangedring dat die dorp na sir George Grey vernoem word. Die dorp se stadsaal is in 1904 gebou.

Distrik[wysig]

Daar is in 1890 begin met die aanplant van wattelbome. Vandag is Greytown die middelpunt van uitgebreide wattel- en denneplantasies. Ander produkte is kiwivrugte, avokadopere, suiker, mielies, vee en suiwel. Die belangrikste nywerheid is 'n groot skoenfabriek. 'n Gebou wat in 1886 as woning vir die landdros opgerig is, dien nou as 'n museum.

Louis Botha[wysig]

Daar is 'n klipgedenkteken, wat die plek aandui waar die huis was waar Louis Botha gebore is, op die plaas Honingfontein. Die plaas is 5 km suid van Greytown.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

  1. Hoofplek Greytown tydens die 2011-verkiesing